Leesplan inligting

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee NieVoorbeeld

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie

DAG 5 VAN 6

God se uitnodiging staan altyd


Wat gebeur as jy, ná al jou genade-gevulde pogings vol gebed om die vyand weg te wys, steeds vir die vyand ’n plek aan jou tafel gee? Is God dan klaar met jou? Word jy gediskwalifiseer om ’n verhouding met God te hê of om Hom te dien? Die eenvoudige antwoord is: Beslis nie! Wanneer jy jou sonde bely, vee God dit weg. Hy vergewe jou en maak jou skoon. En God jaag die vyand weg van jou tafel af.


Tog, nadat ons belydenis gedoen het, bly twee gevolge van sonde dikwels agter: skuld en skaamte. Skuld is om in die posisie te wees om verantwoordelik gehou te word vir jou sonde en tekortkomings. Jy is verantwoordelik vir die keuses wat jy maak wanneer daardie keuses nie aan God se standaard voldoen nie. Skaamte, aan die ander kant, is die gevoel dat jy deur jou sonde en tekortkomings gedefinieer word. Skaamte erken skuld, maar vervleg die sonde met jou identiteit. Skuld sê: “Ek het iets verkeerds gedoen.” Skaamte sê: “Dit is ék wat verkeerd is; daar is fout met my.” 


Die pad na vryheid van skuld én skaamte is die storie van God se genade. Baie van ons loop rond met die gewig van skuld en skaamte op ons skouers. Dit hoef nie so te wees nie. Ons kán die oorwinning behaal. Genade vernietig skaamte. Deur Jesus Christus se werk aan die kruis het die genade van God jou geestelike skuld gekanselleer en jou vrygemaak. Jy kan deel word van daardie genadewerk deur belydenis. Belydenis is nie ’n negatiewe ding nie. Dit maak die deur oop waardeur God na jou toe kom en vir jou doen wat niemand van ons vir onsself kan doen nie.


God het ons skuld geneem en dit op sy onskuldige en regverdige en gewillige Seun geplaas. Toe het God sy Seun se onskuld en regverdigheid aan ons beskikbaar gestel. Almal wat hul sonde bely se skuld is deur Jesus weggeneem. Jy is splinternuut. Wanneer jy as Christen sonde doen, bely jou sonde en dan sal sy vergifnis weer die verbintenis tussen jou en God herstel. As gevolg van die kruis is jy alreeds vergewe.


Genade kanselleer nie net skuld en skaamte nie. Dit herdefinieer my en jou ook vanaf “mislukking” tot “familie”. Jesus wil hê dat jy deur sy littekens gedefinieer moet word. As gevolg van sy opoffering is jy ’n seun of dogter van God. Jy is ’n begunstigde van die ongelooflike liefde van God. Hardloop na Jesus toe en weier om die vyand aan jou tafel toe te laat.


Selfs wanneer ons geloof kwyn, is God getrou. As jy na jou ou manier van doen teruggegaan het, die weg van sonde, en vir God wegkruip, staan sy uitnodiging tot ’n herstelde verhouding steeds. Jesus herstel ons deur ons skuld en skaamte weg te vat en ons te herinner aan ons identiteit as ’n vriend en familielid van God Almagtig. Is jy lief vir Hom? As jou antwoord ja is, sal Jesus voortgaan met jou vernuwing. Die vyand wil hê jy moet wegkyk van God af. Maar as jy na God gedraai bly, sal jou gesig die lig en liefde van Christus weerkaats. En jy sal nooit deur skaamte bedek word nie. Jesus sê jy is vergewe. Stem jy saam met Hom?


NADINK-VRAE


Watter skuld moet jy bely? Hoe sal hierdie belydenis vir jou vryheid bring?


Hoe sien Jesus jou? Hoe beïnvloed dit die manier waarop jy jouself sien?


Hoe kan die vryheid van jou vergifnis die liefde van Christus laat skyn aan ander wat worstel met skuld en skaamte?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie

Ons almal sukkel soms om ons gedagtes te beheer en hulle eerbaar en verheerlikend vir God te maak. In hierdie 6-dag-leesplan, gebaseer op Louie Giglio se boek DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE, sal jy leer hoe om...

More

Ons wil graag Passion Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.passionpublishing.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid