RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 2 VAN 16

Uitbuiting Van God Se Goedheid

"Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom? God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?" — Romeine 2:3-4

Om uit God se genade te probeer voordeel trek, is iets waaraan sy volk altyd skuldig was. Miga skryf die volgende oor Juda in Miga 3:11:

"Jou leiers lewer uitspraak vir omkoopgeld,
jou priesters gee onderrig teen salaris,
jou profete maak voorspellings teen betaling,
en tog verwag hulle hulp van die Here!
Hulle sê: 'Die Here is by ons,
onheil sal ons nie tref nie'"

Die leiers van Juda het dinge gedoen wat God nie behaag het nie. Hulle het nie gelewe soos Hy wou hê nie. Tog het hulle van Hom verwag om hulle te help wanneer dit moeilik gaan en om hulle teen rampe te beskerm!

Die outeur van Prediker skryf later aan die Jode (Prediker 5:5-6):

"Moenie dat jou mond jou laat sondig
sodat jy vir 'n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie.
Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het
en Hom jou handewerk laat vernietig?
Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde.
Maar dien jy vir God!"

Ja, dis waar dat God ons sonde sal vergewe, ongeag hoe groot dit is. Dit moet egter nie veroorsaak dat ons sonde as ligtelik beskou nie. Soos Paulus dit stel: God se goedheid behoort ons tot bekering te lei, wat beteken ons houdings moet verander om sodoende ons dade en lewenskeuses ook te verander.  Eerder as om dus sonde te kies met die veronderstelling dat God ons in elk geval sal vergewe, behoort ons te sê:

Maar U, o God, is genadig en waaragtig,
geduldig, en regeer in genade oor alles.
Want as ons sondig, is ons Uwe, en ken u krag;
maar ons sal nie sondig nie, omdat ons weet ons word geag as Uwe.
Want om U te ken, is volmaakte geregtigheid;
ja, om te weet dat u krag die wortel van onsterflikheid is.
(Uit: Wysheid van Salomo, 15:1-3)

Of soos Paulus in Romeine 6:1,4 dit stel: "Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie ... Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei."

Jy moet daagliks baie keuses maak. Dink jy eers watter keuse God sal behaag? Of lewe jy met 'n houding van "tree eers op, vra later vergifnis?"

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en eensgesindheid in die kerk.

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com