Leesplan inligting

Die Dood Besit My NieVoorbeeld

Death Does Not Own Me

DAG 1 VAN 6

LEER OM GOD SE WIL TE DOEN



Dit was ongeveer dagbreek om 6:18 op 'n Sondagoggend wat ek my man se hand opgetel, dit in die lug gehou het en vir hom gesê om die hand van die Here te vat en huis toe te gaan. Hy is 10 jaar tevore met beenkanker gediagnoseer. In 2009, het dokters bevind dat die kanker uit die been versprei het en om sy lewe te red, moes hulle beide sy arm en skouer amputeer. 



Sjoe, ek was stomgeslaan toe die dokter dit in 'n kamer vol mense aankondig. Hoe sou hy hierdie nuus ontvang?  Hoe was ek besig om dit te ontvang?  Ek het die dokter gevra of om hom weer toe te maak en my man tyd te gee om die besluit te neem; dit was te veel vir my om op die oomblik te besluit.  



Die volgende oggend het sy chirurg in sy kamer ingekom en 'n in-diepte gesprek met hom gehad. Sy het baie medelye gehad, maar was feitelik terwyl sy die nuus aan my man oordra.  Sy enigste vraag was: "Kan die operasie tot na Danksegging wag?"  Sy het ingestem en die operasie geskeduleer vir 1 Desember 2009.



Ek onthou nie veel van daardie jaar se Danksegging nie, behalwe dat ons kinders en hulle eggenotes daar was.  Ek onthou nie veel van die ete of die dag se gebeure nie, maar ek onthou die Skrifgedeelte wat ons beveel het om in alles dankbaar te wees.  



"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag" 1 Tessalonisense 5:16-18.


KAN JY DIT IN VERBAND BRING?



Hoe kon ek en my man in al hierdie omstandighede dankbaar wees? Hy was op die punt om sy arm en skouer te verloor. Ek het begin besef hoeveel ons as vanselfsprekend aanvaar, hoeveel ons ledemate en gewrigte ons help. Dan het nie baie daaroor gepraat nie, maar ek onthou sy positiewe ingesteldheid. Dit was asof hy almal om hom probeer troos het, in plaas daarvan om ons toe te laat om vir hom jammer te voel.   



"HOE IS JOU INGESTELDHEID GEDURENDE JOU OMSTANDIGHEDE?"

Snags in die bed het my gedagtes hoogty gevier.  Hy het sy twee arms nodig gehad om sy werk te kan doen.  Sou ons nog al ons finansiële verpligtinge kon nakom as hy nie meer werk nie? Hy sou nie self sy ander arm kon was nie! Hy sou nie sy skoene kon vasmaak of sy kouse aantrek of sy hemp knoop of sy das vou nie.  Hy sou nie 'n pot se deksel kon oopdraai of ... of … of ... of! Al hierdie gedagtes het in my kop gemaal terwyl hy salig slaap asof daar geen bekommernis in die wêreld is nie.



Wel, as ek die vrou gaan wees wat hy nodig het, sou ek myself moes regruk.  Natuurlik, ek het nie gedink dat hy al die bogenoemde sou kon doen nie, maar God was op die punt om my verkeerd te bewys! 



As die wil van God is om in al hierdie dinge bly te wees, te bid, dankbaar te wees — dan was dit wat ons geweet het ons moes doen.



WAT ONS UIT VANDAG SE STUDIE GELEER HET:



• Wat die wil van God vir ons is



• Wees altyd bly



• Bid gedurig



• Wees dankbaar in alle dinge


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Death Does Not Own Me

My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid