Leesplan inligting

Die Dood Besit My NieVoorbeeld

Death Does Not Own Me

DAG 4 VAN 6

EERDER AS OM OMSTANDIGHEDE TOE TE LAAT OM JOU TE OORWIN, MOET JY JOU OMSTANDIGHEDE OORWIN!



Daar was baie opvolgafsprake, sterk pyn medikasie en groot uitdagings in die vooruitsig. 



Dan se eerste gedagte en doel was om weer te gaan werk.  In sy werk moes hy skryf, tik, 'n knipbord vashou en 'n maatband gebruik.  Dit klink onmoontlik om te dink dat hy dit oorweeg het om terug te gaan na sy werk met slegs een arm, maar hy was vasberade en slegs ses weke na die amputasie het hy besluit om weer te begin werk. 



Ek het hom die eerste twee weke rondgery en gekyk hoe hy sy maatband langs die muur neerlê, vasmaak, die bandopnemer uit sy sak haal en elke afmeting daarop opneem.  Dit was 'n baie stadige proses, maar in sy kantoor sou hy dan die klankopname terugspeel, met een vinger tik en stop en speel — oor en oor.  



"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding,  en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het" Romeine 5:3-5.

Teen sy ses-weke ondersoek het sy chirurg gevra of hy 'n aanvulling van sy hoogs-verslawende pyn medikasie nodig gehad het, en Dan het geantwoord: "Ek verkies om dit nie te neem nie, want ek wil nie verslaaf raak en 'n dubbele probleem hê nie."  Ja, aan die begin was sy pyn erg en die skynpyn van die geamputeerde arm was baie werklik.  Ongelukkig is daar geen manier om dit te verlig nie.  



Ek vertel dit alles om julle te bemoedig dat wat ook al op jou pad vir jou wag, jy 'n oorwinnaar kan wees!  Dan het nog ses jaar gewerk voordat hy afgetree het.  Gedurende daardie ses jaar, het hy 'n groot kontrak verloor omdat hy nie kon byhou nie, maar hy het sy kleiner kontrakte behou en was baie suksesvol.  God het binne jou 'n saadjie van geloof geplant en as jy daardie geloof tot sy volle potensiaal gebruik en God vertrou gedurende jou omstandighede, sal jy bo dit uitstyg!



KAN JY DIT IN VERBAND BRING?



Ons leer gedurende ons vallei-tye; ons groei deur ons omstandighede en in my geval as die eggenote van 'n geamputeerde, het ek gegroei en geleer deur 'n man met groot volharding dop te hou. Niemand wil probleme hê nie.   Niemand wil swaarkry nie.  Niemand wil verlies in die gesig staar nie, maar ons lewe 'n werklikheid in 'n werklike wêreld, waar slegte dinge met goeie mense gebeur. Die kern is om te leer lewe in die wete dat ons nie aan die verloorkant hoef te wees nie!



WAT HET ONS GELEER IN VANDAG SE STUDIE:



• Uithouvermoë en volharding is kragtig!



• Die innerlike wil van die mens is sterker as medisyne!



• Wanneer jy glo, selfs al misluk jy in een ding, kan jy suksesvol wees in 'n ander een!



• Ons leer en groei deur ons beproewinge!



• Ons is in beheer van wat ons toelaat!






Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Death Does Not Own Me

My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid