Vrede vir KindersVoorbeeld

Sê dit saam:
Wanneer ons kies om vir Jesus te volg,
gee Hy aan ons vrede wat ons nooit verlaat nie.
Het jou ma of pa al ooit vir jou gevra om iets te doen en dan vergeet jy om dit te doen? Dit het moontlik gebeur omdat jou aandag afgetrek was. Dalk het jy aan iets anders begin dink of jy het iets gesien wat interessant was. Afleidings neem jou fokus weg van dit wat belangrik is en plaas dit op iets minder belangrik.
In vandag se Bybelverhaal, is Marta se aandag afgelei deur baie dinge. Sy het opgehou om Jesus se vrede te voel. Maria het onthou wat die beste is: bly gefokus op Jesus. Jesus se vrede is altyd by jou, maar wanneer jy tyd met Hom deurbring, sal jy dit baie meer voel.
Kyk hierdie video saam
Praat saam
· Deel een ding wat jy onthou van die Bybelverhaal.
· Wat dink jy is die beste dinge om op te fokus?
· Wat weerhou jou daarvan om tyd met Jesus deur te bring?
Bid saam
Vader, dankie dat wanneer ons naby U is, ons vrede kan ervaar. Help ons om afleidings te ignoreer en op U te fokus. In die Naam van Jesus. Amen.
Lees saam
Lees die Bybelverhaal vir vandag. Neem beurte om te sê waaraan dit jou laat dink. Vra vir mekaar enige vrae waaraan dit jou laat dink.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Vrede. Dit is meer as net rustig wees, veelkleurige hemde en gemoedsringe. Vind blywende vrede as 'n gesin saam — dis 'n geskenk van Jesus wat ons nooit verlaat nie. Vir ouers: Hierdie leesplan is ontwerp vir gesinne. Jou kind sal 'n dieper begrip van die daaglikse leesstukke, videos, uitdagings en vrae hê as julle dit saam doen.
More
Verwante Leesplanne

Karakter Oefening

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Die krag van ’n biddende vrou

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Die sin van die lewe

Wandel deur Johannes

Van die Begin tot in Ewigheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings
