Leesplan inligting

God se Woord vir jouVoorbeeld

God se Woord vir jou

DAG 6 VAN 7

Sielsverkwikking


Ons was al almal op een of ander stadium haastig en het sommer kitskos gekoop in plaas daarvan om ’n gebalanseerde maaltyd te beplan en voor te berei. Ons geniet skaars die kos terwyl ons dit op ’n drafstap afsluk. Dit kan dalk ons honger vir ’n rukkie stil, maar dit is nie regtig voedsaam nie.


Geestelike kitskos skep dieselfde probleem. ’n Vinnige kykie na ’n vers of twee op pad êrens heen bied nie aan ons langtermyn-groei of bevrediging nie. Ons geestelike kos moet noukeurig voorberei word sodat dit ons sal voed en verkwik en die diepste hunkering van ons siel sal bevredig.


Hoewel ons daarna smag om ons in God se dinge te verdiep, is dit moeilik om tyd daarvoor opsy te sit in ons gejaagde wêreld. Ons is geneig om van die een afspraak na die volgende te jaag, sonder om regtig na te dink oor wat gebeur het of wat dalk kan gebeur … of wat dalk die gevolg kan wees van wat ons doen.


God wil nie hê ons moet die lewe bloot oppervlakkig ervaar en wonder waarom ons so leeg voel nie. Hy wil graag hê ons moet dieper delf sodat ons kan ontdek wat Hy vir ons wil sê te midde van ons besige lewe.


Hierdie wêreld bied soveel dinge wat ons aandag aflei en ons vermaak — dikwels tot die punt dat ons afgestomp raak vir die behoefte van ons siel om gevoed te word. Dit is maklik om ons dae deur te bring op soek na vermaak. Maar daar is iets wat die siel baie meer volkome bevredig: Wanneer ons diep nadink en ons siel met geestelike waarhede voed.


DINK-TYD


Terwyl jy nadink oor die tyd wat jy Christus al ken, is daar enige tasbare verskil in jou lewe, jou groei en jou diepte? Namate jy ouer geword het, het jy ook merkbaar meer volwasse geword?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

God se Woord vir jou

“Die Bybel is meer werd as alle ander boeke wat al ooit gedruk is” (Patrick Henry). Charles Swindoll wys jou hoe om die waarhede in dié belangrike Boek jou eie te maak en in jou lewe toe te pas. Jy sal daagliks geestelik...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid