Leesplan inligting

God se Woord vir jouVoorbeeld

God se Woord vir jou

DAG 3 VAN 7

Skattejag


Terwyl ek met my pastorale internskap besig was onder Ray Stedman in Palo Alto, Kalifornië, was een van my opdragte om tyd saam met ’n spesifieke sendingorganisasie deur te bring. Een van die mans in hierdie groep het meer as vyftig jaar van sy lewe in verafgeleë lande deurgebring, terwyl hy met ’n hele aantal verskillende stamme gewerk het. Hierdie man was bekend vir sy getrouheid in gebed. Ek onthou dat ek eenkeer langs hom gesit het met die hoop dat sy ywerigheid aan my sou afgee.


Tydens een vergadering, waartydens ons ’n paar psalms saam bestudeer het, het ek oor sy skouer na sy oop Bybel geloer. Sy vingers het al soveel keer oor die heilige teks beweeg dat die letters plek-plek letterlik afgevryf was! Daardie man het duidelik sy Bybel geken.


Die Bybel lewer nie skatte op vir lui mense nie. Ons kan nie deur elke dag jaag en verwag dat geestelike voeding vanself gaan gebeur nie. Dit is soos om te verwag dat daar ’n driegangete op jou tafel moet verskyn sonder dat jy na die winkel toe gaan of enige voorbereidings tref. Wat moet ons dan doen om te verander? Eerstens beveel ek aan dat jy die TV afskakel, jou foon afsit en ten minste dertig minute per dag alleen en in stilte deurbring terwyl jy jou Bybel lees. Is jy reg vir ’n uitdaging? Sit vir ’n maand lank elke dag vyf en veertig minute opsy om God se Woord te bestudeer, en ek verseker jou jy sal nie meer dieselfde wees nie. Ons moet die Skrif doelgerig, gereeld en met ywer deurgrond. Ons moet na God se wysheid soek soos wat ons vir duur silwer en kosbare artefakte sal soek.


God is die Gewer van wysheid. Hy beveel ons om na wysheid te streef en Hy is bereid om dit vir ons te gee. As ons sy Woord bestudeer, sal ons van soekers na wysheid verander in ontvangers van wysheid. En nie alleen wysheid nie, maar ook kennis en begrip. Is dit nie ’n kosbare vonds van waardevolle eienskappe nie!


DINK-TYD


Hoe lyk jou Bybel? ’n Verweerde skatkaart of redelik onontdekte grond? Hoe kan jou tyd in God se Woord verander as jy begin om dit as ’n groot skat te beskou?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God se Woord vir jou

“Die Bybel is meer werd as alle ander boeke wat al ooit gedruk is” (Patrick Henry). Charles Swindoll wys jou hoe om die waarhede in dié belangrike Boek jou eie te maak en in jou lewe toe te pas. Jy sal daagliks geestelik...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid