Leesplan inligting

God se Woord vir jouVoorbeeld

God se Woord vir jou

DAG 2 VAN 7

Die Bybel as ’n spieël


Om die Bybel in ons lewe toe te pas, is nie soveel anders as dit wat jy elke oggend doen ná ’n nag se slaap nie. Jy stap na die badkamer, skakel die lig aan en kyk na die skrikwekkende beeld wat in die spieël na jou terugstaar. Jou hare lyk soos ’n matras wat ontplof het, en jou gesig het plek-plek onnatuurlik afgesak. Jou asem ruik erg. Jou tande voel asof hulle met ’n dun lagie mos bedek is. Jy besef as jy in daardie slaapklere bly, kan dit ’n betoging aanwakker.


Wat het jy hier gedoen? Jy het ’n vinnige ondersoek na jou ware toestand gedoen. Jy skakel nie die lig af en sê: “Ek gaan sommer net so kerk toe” nie. Nee. Jy dink: Ek sal iets aan myself moet doen … en dit gaan ’n hele rukkie neem. Ek het nuus vir jou: Hoe ouer jy word, hoe langer vat dit om jou weer in ’n aanvaarbare toestand te kry! Soos wat ek my hele lewe lank al hoor: “As die buitekamer geverf moet word, verf dit!” Hoe het jy geweet jy moet hierdie dinge verander? Jy het in die spieël gekyk.


Elke keer as jy na die bladsye van die Bybel kyk, dink aan elke bladsy as ’n spieël. God se Woord oortuig ons van ons sondige gewoontes en aanstootlike neigings. Ons moet bereid wees om iets daaraan te doen. Ons moet dit wat ons gelees en waargeneem het, toepas. Sonder toepassing mis ons die voeding wat dit vir ons lewe inhou.


Ek herhaal: Die Bybel is nie vir ons gegee om ons sinlose nuuskierigheid te bevredig nie; dit is vir ons gegee om ons lewe te verander. Noukeurige studie, tesame met toepassing van die Skrif, sal ons gesindheid verander. Hoe? Die Gees van God is deur sy Woord aan die werk op elke gebied van ons lewe. Hy ken ons en wil hê ons moet al meer soos sy Seun word. God se oorkoepelende plan is duidelik: Ons moet soos Christus word. Toepassing versnel daardie proses.


DINK-TYD


Wanneer het die Bybel al as ’n spieël in jou lewe gedien? Watter verandering het dit in jou besluite en gewoontes teweeggebring?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God se Woord vir jou

“Die Bybel is meer werd as alle ander boeke wat al ooit gedruk is” (Patrick Henry). Charles Swindoll wys jou hoe om die waarhede in dié belangrike Boek jou eie te maak en in jou lewe toe te pas. Jy sal daagliks geestelik...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid