Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 4 VAN 7

Bid volgens die Skrif oor die Woord


Vader, u Woord leer: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God en die Woord was self God (Joh. 1:1). Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak (Ps. 33:6). U hou alle dinge deur u magswoord in stand (Heb. 1:3). U Woord staan vir altyd vas in die hemel (Ps. 119:89), en U het u Naam en u Woord bo alles gestel (Ps. 138:2). 


U, wat Uself deur die Woord openbaar (1 Sam. 3:21), open ook my verstand om die Skrif te verstaan (Luk. 24:45), en gee my deur u Gees wysheid en openbaring dat ek U kan ken (Ef. 1:17). U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad (Ps. 119:105), en wanneer u Woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is (Ps. 119:130). Laat u Woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie (Ps. 119:133). U het die woorde wat ewige lewe gee (Joh. 6:68), en die Woord wat U gegee het, is die Gees wat lewend maak (Joh. 6:63). U Woord bly altyd by my (Ps. 119:15) en ek leef van elke woord wat uit u mond kom (Deut. 8:3; Matt. 4:4). Aan u Woord hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U (Ps. 119:11). 


Laat u Woord in sy volle rykdom in my bly sodat ek ander kan leer en onderrig (Kol. 3:16) en die Bose kan oorwin (1 Joh. 2:14). Soos ’n pasgebore kind smag ek na die suiwer geestelike melk van die Woord sodat ek daardeur kan opgroei en die saligheid kan verkry (1 Pet. 2:2). Gee dat by die aanhoor van u Woord, geloof in my sal groei (Rom. 10:17) sodat ek u wil kan doen (Heb. 11:6). Here Jesus Christus, die lewende Woord van God, U is die weg en die waarheid en die lewe (Joh. 14:6). 


Vestig u Woord in ons stede en in nasies, laat dit kragtig groei en versprei (Hand. 19:20). Die mens is soos gras, en al sy prag soos ’n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig (1 Pet. 1:24-25).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid