Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 1 VAN 7

Om die Woord te bid


Ons hele lewe, ook ons gebedslewe, moet op die Woord van God gebou word. Die Woord is onveranderlik en onvernietigbaar, want dit is die ewige Woord van God. Ons moet voortgaan om die Woord te lees, die Woord te bid, die Woord te glo, die Woord te gehoorsaam en die Woord te leef.


Geloof kom deur die Woord te hoor, te lees en te verstaan (Rom. 10:17). Sonder geloof kan ons nie bid nie, want gebed sonder geloof behaag God nie (Heb. 11:6). God bevestig sy woord en sy beloftes met ’n eed (Heb. 6:16-17). Hy kan nie aan sy woord ontrou wees nie. God openbaar Hom in die Woord. Hy toon sy karakter aan ons deur die Woord. Die beloftes in die Woord is in ooreenstemming met sy wese en sy karakter waaraan Hy nooit ontrou kan wees nie.


Wanneer die Woord van God deur ’n gelowige, biddende hart gebid word, sal dit die mag van die Bose verbreek, die mens van sonde bevry, ons uit noodsituasies red en die wêreld om ons verander. 


God se Woord is lewend, die Woord herskep en herstel. Jesus Christus, die Woord, het na die aarde gekom om te herstel, te herskep en te versoen. “Die woord van God is lewend en kragtig” (Heb. 4:12). Die woorde wat God spreek, is lewend, vol krag, stel energie vry, en is aktief (besig om te werk). Wanneer ons die woord van God neem (die woord wat uit die mond van God kom) en dit uitspreek, het dit skeppingskrag. Dit skep, dit bring tot stand, dit herstel, dit bring versoening, dit stel krag vry, dit vernietig die werk van die Bose en dit bring orde. 


Toe Jesus deur die duiwel versoek is, het Hy geantwoord: “Daar staan geskrywe ... ” of: “Daar staan ook geskrywe ... ” (Matt. 4:4, 7, 10). Hy het die versoeking afgeweer deur die Woord aan te haal. Deur die Woord behaal ons die oorwinning oor die Bose; dit is nie ons formules wat die oorwinning behaal nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid