Leesplan inligting

Doelgerigte GebedVoorbeeld

Doelgerigte Gebed

DAG 3 VAN 7

Die bidder se toegang tot die troon van God


So dikwels twyfel mense en is hulle onseker of God hulle sal hoor as hulle bid. Dikwels hoor ons mense sê: Is ek goed genoeg? Sal God na my ook luister? Ek is net ’n gewone mens. Ek bid nie mooi nie. Ek is so bang vir God.


Kyk na die volgende Skrifgedeeltes. Dit sal jou help verstaan wat God vir jóú oor gebed wil sê. Hy wil hê jy moet met Hom praat, en op grond van die volgende Bybelse argumente kan jy seker wees dat Hy na jou sal luister:


Op grond van God se uitnodiging: “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word” (Heb. 4:16).


Op grond van die kruis: “Jesus het gesê: ‘Dit is volbring!’ Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas” (Joh. 19:30).


Op grond van Jesus se intersessie vir ons: “Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom wat deur mense gemaak is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn” (Heb. 9:24).


Op grond van die beloftes: “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons” (2 Kor. 1:20, 1953-vertaling).


Op grond van die bloed: “Ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid” (Heb. 10:19-22).


Op grond van God se karakter: “God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” (Num. 23:19).


Op grond van die Naam van Jesus: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen” (Joh. 14:13-14).

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Doelgerigte Gebed

Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 da...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid