Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 4 VAN 23

Geestelike Offers


Voordat Jesus Christus as die finale offer gekom het om in die plek van sondige mense te sterf, moes mense offers voor God bring. Hulle het diere geoffer as boetedoening vir hulle sondes. Dit is nie meer nodig nie, want Jesus het Homself eenmalig aangebied.



Wat bedoel die apostel Petrus wanneer hy sê gelowiges is 'n heilige priesterdom en moet geestelike offers bring? Twee verse uit die boek Hebreërs kan ons hiermee help: "Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is" (Hebreërs 13:15-16). Die offers waarvan Petrus praat, is nie bedoel as boetedoening vir sondes nie, maar as 'n aanbod van lofprysing en 'n uitdrukking van dankbaarheid.



In Paulus se brief aan die kerk in Rome word hierdie idee selfs sterker geformuleer: "Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen" (Romeine 12:1). Ons moet onsself ten volle aan die Here toewy.



Eer jou lewe vir God?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid