Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

DAG 7 VAN 7

Dag Sewe: Om in Jesus te Glo

In die kinderboek "The Quokkas, The Snails, and the Land of Happiness," het die buideldiere die goeie nuus met die slakke gedeel dat hulle plakkerkaarte vir ewig vol sterretjies kan wees. Die slakke het huis toe gegaan met 'n groot besluit wat hulle moes neem: moet hulle voortgaan om te lewe soos hulle gelewe het (vir goedkeuring), of moes hulle iets beter kies?

Alhoewel Christus reeds al die werk gedoen het om ons vergifnis te verseker, moet ons ons geloof in Hom plaas om sy vergifnis te ontvang. Elke persoon moet in Hom glo om sy seun of dogter te word. 

Om in Hom te glo, is nie dieselfde as om van Hom te glo nie. Om van Hom te glo, beteken jy ken sekere feite oor Jesus. Iemand mag sekere feite oor AB de Villiers of Nicholis Louw ken, maar dit beteken nie die persoon glo in AB of Nicholis, of het 'n persoonlike verhouding met hulle nie. 

Om in Jesus te glo, beteken om Hom te vertrou vir vergifnis en die ewige lewe. Die oomblik wanneer iemand in Jesus glo, is die oomblik wanneer die persoon 'n ewige verhouding met Jesus begin. 

Om in Jesus te glo, is om jou geloof in Christus te plaas as die Here en Leier van jou lewe. Wie kan jou lewe beter lei as Jesus? Hy is 'n baie beter leier as enigeen van ons!

As jy of jou kind gereed is om in Jesus te glo, vertel dit vir 'n Christen wat jy vertrou en respekteer. Moenie hierdie nuus vir jouself hou nie. Bely met jou mond dat Jesus die Here is, en glo in jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het! Dit is hoe jy sy koninkryk binnegaan en sy vergifnis ontvang. 

Hierdie leesplan is aangepas uit 'n ander bron. Leer meer by QuokkasandSnails.com 

Aangaande hierdie leesplan

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse waarheid in hulle harte vas te lê: Christus se liefde en aanvaarding laat ons toe om 'n lewe van vreugde en vryheid te leef. Hierdie leesplan is gebaseer op die kinderboek: "The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness".

More

Baie dankie aan B&H Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.QuokkasandSnails.com