Leesplan inligting

Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

DAG 6 VAN 7

Dag Ses: Rus van Werk



Daar is twee maniere om tot God te nader. Die mees algemene manier is deur te probeer om jou pad na Hom oop te werk, om te dink jy kan goed genoeg wees om sy aandag te kry. Mense wat probeer om op hierdie manier tot God te nader, wil meer goeie as slegte dinge in hulle lewe doen, en hoop dan God sal sien hulle probeer en hulle aanvaar. Hierdie is die mees algemene benadering omdat dit is hoe die wêreld te werk gaan. Werk hard om goeie punte te kry. Werk hard om goed in jou werk te wees. Werk hard om 'n goeie speler in jou gunsteling sportsoort te wees. 



Die Bybel leer ons egter dat hierdie manier om tot God te nader nie werk nie omdat ons God nie met ons "goedheid" kan nader nie. Ongeag hoe goed ons is, ons sal nooit goed genoeg wees nie omdat God volmaak is en ons nie. As ons probeer om ons weg na God oop te werk, sal ons kry wat ons dade verdien — en dit is nie goeie nuus nie. Ons is nie volmaak nie en daarom verdien ons om geskei te wees van die enigste Een wat ons die lewe kan gee. As ons probeer om God met goeie werke te benader, sal ons nie in Hom behae skep nie en sal ons vir ewig van Hom geskei wees.



Die ongewone manier — die regte manier — om tot God te nader, is deur te rus!



In plaas daarvan om God sover te probeer kry om jou lief te hê, kan jy rus in die goeie nuus dat Hy jou reeds liefhet. In plaas daarvan om op jou goeie werke te vertrou, vertrou jy op die goeie werk wat Jesus aan die kruis vir jou sonde gedoen het. In plaas daarvan om God probeer te bereik, rus en ontvang Hom net. 



Jy kan alleenlik tot God nader deur die goedheid en volmaaktheid van Jesus. As jy rus van jou eie werke en jou vertroue in Christus plaas, sal jy al sy goedheid ontvang. Die volmaaktheid van Jesus is joune as jy ophou werk en rus vind in wat Christus vir jou gedoen het. As jy in Jesus rus, sal geen sonde teen jou ingebring word nie!


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse...

More

Baie dankie aan B&H Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.QuokkasandSnails.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid