Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

DAG 5 VAN 7

Dag Vyf: Die Weg van Vreugde

Die boek Psalms begin met 'n beskrywing van die geseënde lewe. Die regverdige persoon is gelukkig want hy "... vind egter vreugde in die gebooie van die Here ..." (Psalm 1:2a NLV). Iemand wat 'n lekker maaltyd geniet, eet nie bloot die kos nie, maar geniet die geure en die samesyn met sy vriende of gesin. Die gelukkige persoon lees nie bloot die voorskrifte van die Here nie, maar vind vreugde daarin. Daar is 'n groot verskil om uit plig tyd met God deur te bring — in 'n poging om Hom sover te kry om jou lief te hê — teenoor tyd uit vreugde met God deur te bring omdat jy van sy liefde seker is.

Die persoon wat gelukkig is, wat hom in die Here verheug, kan vergelyk word met 'n groot boom. Toeriste reis kilometers om foto's van beroemde bome te neem. Die manjifieke Outeniekwa-geelhoute in die Knysna en Tsitsikamma woude wat bo die woudkroon uitsprei, en wat tot duisend jaar oud kan word, ontvang jaarliks meer as negentigduisend besoekers. Kremetartbome in Limpopo is weer bekend vir hul massiewe dik stamme. Daar is 'n unieke kremetartboom wat ongeveer 1060 jaar oud is en die stam is so dik dat daar 'n kroeg ingebou is. Mense wat nie in God gelukkig is nie — die goddeloses — word vergelyk met "... kaf wat die wind verstrooi" (Psalm 1:4b NLV). Kaf is die buitenste omhulsel van 'n saadjie. Dink aan die buitenste omhulsel van springmielies wat aaklig tussen jou tande voel. Niemand neem foto's van kaf nie! 

Psalm 1 herinner ons aan die einde van die twee moontlike paaie wat ons lewens kan neem. Ons kan ons blydskap in die Here vind, sy vergifnis ontvang, en blywende vreugde geniet omdat Hy oor ons waak. Of ons kan ons eie pad neem, dié van die goddelose. Die einde van daardie pad lei tot ondergang omdat diegene op daardie pad nie na die oordeel sal voortbestaan nie.  

Die goeie nuus is dat Jesus daardie smal pad vir ons volmaak gestap het. As ons Hom vertrou, plaas Hy ons op die regte pad, waak oor ons, en vul ons met sy vreugde. Dit sal vir ons moontlik wees om voor God te staan — nie omdat ons goed is nie, maar danksy Jesus se goedheid wat ons ontvang het. Wat 'n rede om gelukkig te wees! 


Aangaande hierdie leesplan

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse waarheid in hulle harte vas te lê: Christus se liefde en aanvaarding laat ons toe om 'n lewe van vreugde en vryheid te leef. Hierdie leesplan is gebaseer op die kinderboek: "The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness".

More

Baie dankie aan B&H Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.QuokkasandSnails.com