Leesplan inligting

God se Genade Voorbeeld

The Grace of God

DAG 1 VAN 5

God se Genade



God se genade is vir meeste van Jesus se volgelinge 'n bekende begrip, tog kan dit moeilik wees om te verstaan en nog moeiliker om te verduidelik. Presies wat is genade dan? Die Griekse woord vir genade is charis, wat goedheid, barmhartigheid en guns beteken. Dis God se onverdiende guns en onvoorwaardelike liefde wat aan 'n onwaardige wêreld gegee word. En ons het heeltemal niks gedoen om dit te verdien nie. 



Die hele wêreld het genade nodig, en of iemand in 'n paleis of pondok bly, dis 100% gratis vir die wat dit ontvang. Al is dit vir ons verniet, het dit álles vir God gekos. Genade is op 'n merkwaardige wyse deur God se Seun, Jesus, gegee. 



“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê." Johannes 3:16

Dis die wese van God se onbeperkte genade. Jesus is gestuur om aan die kruis te sterwe voordat enigiemand Hom nog kon ontvang. Niemand is sonder sonde nie en ons skiet almal tekort aan God se standaard:



"maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."Romeine 3:24

Al wat ons hoef te doen, is om ja te sê vir Jesus.



Hier volg 'n paar maniere om te verduidelik wat genade beteken:



Dit is hoe God ons hanteer asof ons nooit gesondig het nie.

Dit beteken dat ons foute van die verlede vir 'n doel was, nie tot skande nie.

Harte van klip word te bowe gekom.

Dit ontmoet ons presies waar ons is, maar dit los ons nie in daardie plek nie. 

Dit het geen vereistes nie. Ons moet net erken dat ons dit nodig het.



Buite God se genade is ons almal geestelik bankrot. Dit is iets wat ons nie kan koop of verdien nie. Tog wil ons dit dikwels verdien. Ons verdien 'n inkomste, ons verdien belonings en ons verdien respek. Dit laat ons goed voel, want ons het iets gedoen wat 'n tipe prys, beloning of betaling regverdig. Wanneer ons egter 'n gratis geskenk ontvang — soos genade — weet ons nie hoe om dit te aanvaar nie, want ons het nie daarvoor gewerk nie. 



Dit is waarom ons moet verstaan dat genade 'n geskenk is. Ons het sekerlik al geskenke vir ons verjaarsdae en Kersfees ontvang, en dan sê ons die frase wat wat die bekendste aan die mens is — baie dankie. Kom ons doen dieselfde met God se genade. Ons verdien dit nie, ons kan nie daarvoor werk nie en ons kan dit nie terugbetaal nie. Dus, moet ons doodeenvoudig vir God daarvoor bedank. 



Ons is nooit buite bereik van God se genade nie, ongeag hoe verkeerd ons besluite mag voorkom. Ons het dit nodig selfs wanneer ons dink ons het alles onder beheer. Noudat ons weet wat dit is en verstaan dat ons niks kan doen om dit te verdien nie, gaan ons dieper delf hoe om hierdie genade uit te lewe wat ons so goedgunstiglik ontvang. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Grace of God

Die genade van God is 'n nimmereindigende voorsiening van sy guns, liefde en vriendelikheid aan ons. Al het ons niks gedoen om dit te verdien nie, is dit deur Jesus aan die hele wêreld beskikbaar. Ons almal het God se ge...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid