Leesplan inligting

God se Genade Voorbeeld

The Grace of God

DAG 4 VAN 5

Hoe om Genade te Bewys



God het sy enigste Seun gestuur om aan die kruis te sterwe om die hele wêreld te red — dit sluit almal in. Dit sluit jou in. God het dit gedoen al het Hy geweet dat ons met al ons foute en ons onvolmaaktheid na Hom toe moet kom. Nogtans het Hy sy Seun gestuur en noem Hy ons sy kinders. Dit is genade.



Om genade aan ander te bewys hou ten nouste verband met vergifnis. Wanneer ons weet hoe om die genade wat ons mildelik van God ontvang aan ander te bewys, word ons genade-gevulde mense. Jy ken waarskynlik mense wat vol genade is en dit vrylik aan almal om hulle gee. Genade-gevulde mense is nie altyd maklik om raak te loop nie — en beslis nog moeiliker om te word — maar wanneer ons by hulle uitkom, wil ons graag naby hulle wees. Dit is omdat genade hulle waarlik verander het en hulle graag wil hê dat genade ander ook sal verander.



Genade-gevulde mense …



... is saggeaard en vergewe makliker wanneer mense se foute hulle lewens beïnvloed. 

... sien nie neer op ander wat sukkel nie. 

... stap 'n pad saam met gewondes. 

... is geduldig en gee nie op ander tou op nie. 

... is vinnig om te vergewe en weier om verbitterd te wees.

... is nie bang om die mure af te breek wat om iemand se hart gebou is nie. 

... erken dat hulle sondes net so erg soos die volgende mens s'n is.



God vra ons nie om ons kinders op te offer soos Hy gedoen het deur sy Seun vir ons te stuur nie. Hy vra ons net om ander mense lief te hê. Dit sluit in om dieselfde vergifnis wat ons van Hom ontvang het, ook aan ander te bied. Dit beteken ook om ander in hulle nood by te staan sonder om hulle te veroordeel. Om genade-gevulde mense te word, is 'n keuse wat ons maak, nie iets wat toevallig gebeur nie. 



Dit is nie maklik om "jou naaste lief te hê soos jouself" nie, maar God se genade gee ons die vermoë om dit te doen. Dink na hoe ver jy gevorder het om 'n genade-gevulde mens te word. Vra dan die Heilige Gees om jou te lei en te wys hoe en waar jy kan verbeter en groei. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Grace of God

Die genade van God is 'n nimmereindigende voorsiening van sy guns, liefde en vriendelikheid aan ons. Al het ons niks gedoen om dit te verdien nie, is dit deur Jesus aan die hele wêreld beskikbaar. Ons almal het God se ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid