Leesplan inligting

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldVoorbeeld

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAG 8 VAN 10




Dag 8 – Stel ’n begroting op


Hierdie stap vereis dat jy ’n geskrewe begroting opstel wat jy daagliks kan gebruik vir alle aankope, uitgawes en betalings. Mense sê: “As ek meer geld gehad het dan sou ek ’n beter plan gehad het.” Die waarheid is, as jy ’n beter plan het, dan sal jy meer geld hê. As jy nie vir jou geld gaan sê waarheen dit moet gaan nie, besluit dit self. 


’n Begroting is basies net ’n kort maandelikse plan hoe om al die geld wat die Here aan jou toevertrou het, te bestuur. ’n Begroting sal jou ook help om te spaar, en te sien waar jou geld uit jou finansiële emmer uit ‘lek’. 


God se Woord leer ons in Lukas 14:28 om te beplan: “Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?” Die tekort aan ’n goeie finansiële plan is ’n groot leemte in die mens se finansiële lewe. Talle mense se probleem is nie geld nie, hulle probleem eerder is beplanning – of die tekort daaraan. 


Letterlik dekades word daaraan bestee om inkomste te genereer. Hoeveel tyd bestee jy aan die beplanning van hiérdie hard verdiende geld?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.

Ons wil graag Wilco Naumann bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://wilconaumann.com/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid