Leesplan inligting

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldVoorbeeld

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAG 1 VAN 10




Dag 1 – Besef skuld is slawerny


Jesus sê Hy het gekom om ons vry te maak. In Galasiërs 5:1 staan daar: “Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie.”


Soms wonder ek waar pas hierdie woorde in vandag se samelewing in, want dieselfde Bybel wat sê dat ons vry is, sê ook in Spreuke 22:7 ons is ’n slaaf van die aan wie ons skuld: “Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.” Jesus Christus het gesterf om ons vry te maak, ons vryheid is met ’n duur prys betaal. Maar skuld plaas ons terug in gevangenisskap.


Geld gaan jou nie uit skuld uit kry nie. Dit is juis geld wat veroorsaak het dat jy is waar jy is. As jy hoop geld gaan jou uit skuld uit kry, is jy besig om jou vertroue in geld te sit. Meer geld is nie jou oplossing nie. ’n Goeie Bybel-gebaseerde plan, tesame met aksie en toewyding aan daardie plan, en vertroue in God gaan jou uit skuld bevry. 


Die verskil is nie noodwendig in die bedrag van inkomste nie, die groot verskil gaan inkom by die gedrag van spandering. Jy sal moet verander. Voor jy fokus om jou inkomste te verhoog, fokus eers op ’n plan hoe om dié addisionele geld te bestuur, en fokus op jouself om die nodige dissiplines te kweek om dan hierdie plan te kan uitvoer.


Jy sal ook moet leer om teen die stroom van die samelewing te swem. Dit gaan nie maklik wees nie, maar dit gaan die moeite werd wees. Ander gaan jou tien teen een snaaks aankyk, maar jy doen hierdie nie vir ander nie, jy doen dit vir jouself, jou gesin, en jou toekoms. 


Die vraag wat jy jouself moet afvra is, leef jy in Christus se vryheid, of is skuld besig om die kettings om jou stywer en stywer te maak?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.

Ons wil graag Wilco Naumann bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://wilconaumann.com/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid