Leesplan inligting

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldVoorbeeld

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAG 4 VAN 10




Dag 4 – Vereenvoudig jou leefstyl


Dit is in ons natuur om dinge te wil hê, en hoe gouer hoe beter, maar jy sal moet leer om daarteen te baklei ten einde klaar te maak met skuld. ’n Radikale verandering in jou lewenstyl is wat nodig is. 


Om klaar te maak met skuld moet jy jou leefstyl aanpas. Baie kan dit nie doen nie en bly dus vir die res van hul lewe in ballingskap. Hulle kies eerder om hul gewete aan te pas, as hul leefstyl. Deur jou lewenstandaard te vereenvoudig sal jou geweldig baie baat. Die vraag is dus, hoe doen ek dit? Ek deel sewe kort idees.


Een – Leer om nee te sê vir aankope, uitverkopings, vakansies en mense gaan jou baie geld spaar. As dit haastig moet gebeur sê ook nee – vat tyd om by God te hoor. Deur tyd tussen jou en die aankoop te sit, elimineer jy emosionele aankope. 


Twee – Staak krediet aankope. Dit is van kardinale belang om nie meer op rekening te koop nie – slegs kontant. Sny kredietkaarte op. 


Drie – Pas selfbeheersing toe. Tesame met dissipline. In 2 Timoteus 1:7 staan daar dat God ons ’n gees gegee het van onder andere selfbeheersing.


Vier – Bestee altyd minder as wat jy verdien. Moet ook nie koop wat jy nié nodig het nie. Prioritiseer jou aankope. Spandeer op ’n wyse wat die Here behaag. 


Vyf - Wees geduldig. Pas geduld toe indien jy nie nou iets anders of nuwer of beters kan kry of bekostig nie. As jy iets móét hê, koop dit eerder deur jou bates. 


Ses – Waak teen reklame. Die media skep behoeftes wat geen geld kan bevredig nie. Pasop vir advertensies, dit skep ’n subtiele begeerte na onnodige besittings en ’n vae ontevredenheid in jou onderbewussyn met wat jy tans het. 


Sewe – Leef vanuit ’n ewigheidsperspektief. In Hebreërs 11:13 staan daar dat ons slegs tydelike bewoners, “vreemdelinge en bywoners op aarde” is. Hierdie is nie ons ewige woning nie, hierdie is slegs ons pelgrimstog, “want ons burgerskap is in die hemele”, volgens Filippense 3:20. In Matteus 6:20 het Jesus vir ons gesê om hemelse skatte bymekaar te maak, “waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie” 


Met watter een van hierdie sewe stappe kan jy vandag begin, en jou leefstyl vereenvoudig?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.

Ons wil graag Wilco Naumann bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://wilconaumann.com/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid