Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

Armor of God

DAG 5 VAN 7

Dit gaan Nie Oor Wen Nie, maar Om Staande te Bly



Dit is noodsaaklik om daarop te let dat geestelike wapenrusting nie gaan om 'n geveg te wen nie, maar gebruik word om vas te staan in die oorwinning. 



Jou geestelike wapenrusting stel jou in staat om staande te bly in die oorwinning wat Christus reeds behaal het.  Dit stel jou in staat om die aanvalle en die fel beskuldigings van die bose een, die duiwel, onwrikbaar te weerstaan. 



Dit is waar dat die Bybel sê ons worstel teen owerhede, magte, heersers en geestelike leërskare, maar ons worstel vanuit 'n posisie van oorwinning. 



Ons veg nie vir oorwinning nie; ons veg vanuit oorwinning. Die hoofdoel van die wapenrusting van God is nie om te veg nie, maar om ons in staat te stel om in die oorwinning van Christus staande te bly.  Bly staande en moenie uit jou posisie van oorwinning beweeg nie. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Armor of God

Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hi...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid