Leesplan inligting

Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld

Restoration: Deluxe Bible Plan

DAG 4 VAN 18

Dag 4: Oordrewe




"Ek het baie toekennings gekry


Maar hulle hou nie my siel ongeskonde nie


Jy verloor jou verstand en verdien baie geld


Die roem is 'n dwelm, net soos dwelms"



"… alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind" (Prediker 1:14). Wanneer jy Prediker lees, sal jy hierdie frase dikwels sien. Ons weet nie presies wie die boek geskryf het nie, maar daar word vermoed dat dit koning Salomo is. Koning Salomo het alles gehad wat enigeen ooit kon wens. Hy het meer rykdom, roem, mag en status as enigeen in die geskiedenis gehad. Hierdie ou het meer toekennings en pryse ontvang as wat hy kon hanteer. Hy was werklik die beliggaming van iemand wat bo uitgekom het. Tog, wanneer hy teen die einde van sy lewe nadink oor al sy harde werk en wat hy bereik het, kom hy tot die ontnugterende besef — alles kom tot niks en sonder God is alles waardeloos.



Die kultuur in ons samelewing skryf vir ons voor dat hoop en lewe in ons status en rykdom gevind word. Tog kom so baie mense wat hul hoop in hierdie dinge geplaas het, net soos Salomo, teen die einde van hul lewens tot die slotsom dat 'n gejaag na wind was. Wat is dan die oplossing? Hoe moet ons doelgerig en betekenisvol lewe? Hoe moet ons ons lewens laat tel? Salomo het teen die einde van Prediker tot die uiteindelike slotsom gekom dat die lewe sonder God betekenisloos is. Dit is vandag nog waar. Sukses en toekennings sal niks saak maak wanneer ons teen die ewigheid voor die Here staan nie. Wat ons lewens 'n doel gee, is ons verhouding met Christus en om vir Hom te lewe. Kolossense 3:23-24 verduidelik hoe ons ons lewens vir die Here kan leef, en sonder spyt aan die einde van ons lewens deur die Here beloon word. 



Gebed: Here, help my om meer waarde aan ewige sukses as wêreldse sukses te heg. Ek dank U vir die unieke gawes en vermoëns wat U my gegee het. Help my om dit vir u Naam en tot U verheerliking te gebruik. In die Naam van Jesus.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Restoration: Deluxe Bible Plan

Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

Ons bedank graag vir Reach Records wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://lecrae.com/bio

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid