Leesplan inligting

Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld

Restoration: Deluxe Bible Plan

DAG 7 VAN 18

Dag 7: Verdrink




Ek hoop


Want dis al wat my nugter hou


Ek voel of ek my greep verloor


En wat doen ek hier


Ek het jou redding nodig


Ek het jou nodig om my hierin te trek"



Ons God is gister, vandag en vir ewig dieselfde. Hy bly dieselfde. Ons rots. Wat pragtig is oor beproewinge, is wanneer ons fondamente midde-in ons lyding getoets word en ons sien ons bly staande. Ons sien in die Psalms die kwesbaarheid van Dawid — 'n koning, wat ondanks sy oorwinnings en magtige selfvertroue, nog steeds voor nederlae en beproewinge te staan kom. Hy het geweet hoe dit is om geen beheer oor sy omstandighede te hê nie en deur sy vyande omring te wees. Hy het egter ook presies geweet na wie hy hom moes keer as sy bron van hoop, as sy almagtige rots en sy vaste fondament. Mag ons ook nie vergeet dat ons koning Jesus, ook geweet het hoe dit is om midde-in 'n gebroke wêreld te wees, voor versoekings te staan en uitkoms nodig gehad het. Hy het egter die dood oorwin sodat ons dit nie hoef te doen nie. Hy het ons uitgered. 



Hierdie jaar het met 'n oorvloed van nuwe uitdagings gekom. Ons het almal op ons eie gevoel of ons verdrink. As burgers van die hemel, ken ons egter die Een wat waarlik elke geveg vir ons veg. Ons ly nie sonder hoop nie. Mag ons diegene wees wat gewillig al ons krag en al ons pogings oorgee aan die Een wat ons vooruitgaan, op die water loop, en ons na algehele oorwinning en totale volkomenheid lei. 



Gebed: Here ek huil vandag tot U uit desperaatheid. Ek kan nie hierdie laste op my eie dra nie. U is my rots en my fondament. Ek gee oor aan U en u wil. Gaan my vooruit Here, en ek sal volg. 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Restoration: Deluxe Bible Plan

Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

Ons bedank graag vir Reach Records wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://lecrae.com/bio

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid