Leesplan inligting

Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld

Restoration: Deluxe Bible Plan

DAG 18 VAN 18

Dag 18: Herstel




"Die bose het geen beheer oor my nie 


Ek is nooit te ver van die bloed wat vir my gevloei het nie


Ek het baie verloor


Maar het ook baie om te baat


Ek sal seker nooit weer dieselfde wees nie 


Maar ek gee nie om nie, want ek weet Wie my herstel"



Jy het seker nou al tyd gehad om na my nuutste album, "Restoration" (herstel), te luister en om my in hierdie Bybelstudie te volg om die verskillende fasette van God se karakter te sien wat sy hart vir "Restoration" geopenbaar het. Ek het jou doelbewus 'n blik gegee in van die geloofsstryde wat ek ervaar het en hoe dit my musiek gevorm het en ook die onlangse jare van my loopbaan. Ek bid dat hierdie studie vir jou tot voordeel was. Miskien het jy selfs berusting gevind in sommige dinge in jou lewe. Dalk worstel jy nog om geloof te vind. As jy dit tot hiertoe gehaal het, kan ek met sekerheid sê dat God jou hier gehou het en aan jou nog 'n dag gegee het om die goeie stryd van geloof te stry. 



Om die luukse uitgawe van my album af te sluit, het ek 'n paar vriende genooi om eerstehands van hul reis in hul stryd tot geloof te vertel. Jy sal hulle en my lirieke hoor gedurende oomblikke van terneergedruktheid wat deur ander veroorsaak is en selfs oomblikke van moedeloosheid weens lewensomstandighede wat nie volgens plan verloop het nie. Ek voel bemoedig deur wat gebeur wanneer ons ons verhale aan mekaar vertel. Ons het almal 'n getuienis van herstel omdat ons almal die verlossingskrag van God in ons lewens nodig het. Ek is oortuig van die wete dat God ons herstel ken.



Ek hoop jy skep moed deur hierdie liedjies om ook die proses van herstel in jouself en ander op jou pad aan te moedig. Dit is nie maklik nie, maar om Christus te volg, is die beste besluit wat ek ooit geneem het. Ek is nie skaam om my verhaal te vertel nie, want te midde van alles, het ek agtergekom daar is niks waardeur ek kan gaan waar God nie die middelpunt is nie en Hy my nooi tot 'n hegter verhouding met Hom.  As dit vir my waar is, weet ek dit is ook vir jou waar.



Gebed: Staan tyd af om na te dink waar God in jou lewe is. Indien die begrip van herstel by jou aanklank vind en jy 'n gevoel van vordering in jou lewe het — prys dan vir God! As jy nog onseker is, staan 'n minuut af om Paulus se woorde in Romeine 8 te lees en kyk of jy nie 'n rede kan vind om op God te hoop nie. Ek hou baie van hierdie gedeelte, want hy som die teenstand korrek op waarvoor ons in ons wandel met God te staan gaan kom. Daar sal innerlike konflik wees. Ons sal langs die pad struikel en sommige sal selfs vriende verloor. Deur dit alles, sal God deur die bloed van Jesus, die weg na verlossing baan. Bepeins hierdie Skrifgedeelte en vra God om jou hart te bedien.


Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Restoration: Deluxe Bible Plan

Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

Ons bedank graag vir Reach Records wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://lecrae.com/bio

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid