Jou Eerste TreëVoorbeeld

GEMEENSKAP
Jy is nie alleen op hierdie pad nie.
Jy het die keuse gemaak om 'n nuwe tipe lewe te lei — 'n lewe wat daaraan toegewy is om Jesus te volg en dit kan soms werklik moeilik wees.
En dit is.
Jy is egter nie alleen nie.
Eerstens, sal Jesus jou nooit verlaat nie. Hy is ten volle toegewyd aan jou en Hy sal nooit daardie toewyding terugtrek nie.
Tweedens, Jesus het jou nie net uitgenooi na 'n nuwe lewe nie, maar ook in 'n nuwe familie. Hy gee aan jou 'n heeltemal nuwe gemeenskap om aan te behoort. Ons noem dit die kerk.
Die kerk kan soms 'n warboel wees omdat mense deurmekaar is.
Die kerk kan foute hê omdat mense foute het.
Die kerk kan mooi wees omdat mense mooi is.
Wanneer die kerk op sy beste funksioneer, is dit wonderbaarlik — 'n hemelse gemeenskap hier op die aarde. Ons bemoedig mekaar en ons inspireer mekaar om te groei terwyl ons Jesus volg. Ons hou mekaar verantwoordbaar en rig mekaar deurlopend in liefde weg van vernietigende gewoontes en patrone, terug na die weg van Jesus.
Skakel by 'n kerk in; raak betrokke. Moenie volmaaktheid verwag nie, na alles is jy ook nie volmaak nie.
Wanneer 'n kerk rondom Jesus gesentreer is en daaraan toegewyd is om sy weë in jou gemeenskap uit te leef, is dit 'n familie wat die moeite werd is om aan te behoort.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Jy het die besluit geneem om Jesus te volg, wat nou? Hierdie leesplan is nie 'n volledige lys van alles wat met hierdie besluit gepaardgaan nie, maar dit sal jou help om die eerste treë te gee.
More
Verwante Leesplanne

'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church

Versameling: Vind Saam Die Lewe

Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd

Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te Vind

Wie is Jesus?

Hoe Om Gelukkig Te Wees

Leer Hoop Uit Naomi Se Verlies: Leesstukke uit Rut

Maak Oop in Geval van Nood

Verlies Het Nie Die Finale Sê Nie
