Leesplan inligting

GEVEGSBEPROEFVoorbeeld

Battle-Tested

DAG 1 VAN 5

GEWAPEN EN GEREED



Die lewe is 'n geveg. Die lewe kan moeilik raak. Dis 'n feit. Niemand is vrygestel van stryd en moeilikhede nie. Omstandighede buite ons beheer sal voor kom en spanning en pyn veroorsaak, maar is egter net deel van die lewe. Die vraag is egter, hoe gaan jy reageer wanneer dit kom? Wat doen jy as die stryd aan jou voordeur klop? 



Ons reaksie word dikwels bepaal deur hoe ons onsself geestelik voorberei en beskerm. Dit is belangrik hoe jy voorberei vir hierdie dae. Die apostel Paulus moedig sy volgelinge aan om die volle wapenrusting van God aan te trek sodat hulle weerstand kan bied in die dag van onheil. 



Die meeste mense word wakker en leef elke dag sonder hierdie beskermde wapenrusting. Wanneer ons onbeskermde lewens lei, stel ons onsself bloot aan Satan, die meester van misleiding, om in te storm en ons te vernietig. Hierdie vernietiging kan binne 'n oomblik gebeur, maar dikwels kom dit bietjie vir bietjie. Elke dag raak ons 'n bietjie gemakliker met sonde, beweeg ons 'n bietjie nader aan gevaarlike weë terwyl ons dink dit sal met ons goed gaan, totdat dit nie meer so is nie. 



Om die wapenrusting van God te dra is om ten volle te vertrou dat Hy ons sal beskerm en bewaak wanneer die vyand ons soos 'n vloed oorweldig. Die vyand het geen ander doel as om te steel, dood te maak en te vernietig nie. Ons moet elke dag bewaak en beskerm wees. 



Wanneer ons God se woord vertrou en gedurig bid, sal sy Gees ons bedek. Sy woord is soos 'n lamp wat in 'n donker plek skyn en ons lei sodat ons op die regte manier op omstandighede reageer. Wanneer kollegas skinder, sal ons in staat wees om weg te loop van bose gedagtes en woorde. Wanneer jou gesin in opstand teen mekaar kom, leer die Bybel ons om in liefde en geloof te reageer. 



Die lewe het sy uitdagings, maar God het ons toegerus met alles wat nodig is om die pyn te verduur en vas te staan wanneer die stryd kom. Ons is bedoel om 'n volk te wees wat die toets van die tyd deurstaan het en sterker anderkant uitkom. Ons kan dit slegs doen as ons elke dag die wapenrusting van God aantrek. 



Wat is die kwesbare areas in jou lewe wat jy met die wapenrusting van God moet beveilig?



GEBED:



Here, terwyl ek hierdie wapenrusting aantrek,


Herinner my aan u getrouheid.


Help my om u woord te vertrou.


Laat u Gees my versterk.


Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Battle-Tested

Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die gees...

More

Ons wil graag dankie sê vir Life.Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://faithchurch.family/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid