Leesplan inligting

GEVEGSBEPROEFVoorbeeld

Battle-Tested

DAG 4 VAN 5

DIE UITDAGING OM TE VOLHARD



"As ons maar net na 'n moeilike krisis kon kyk as 'n geleentheid om namens ons die genoegsaamheid van die Goddelike genade na vore te bring, sal dit ons in staat stel om balans in ons siele te handhaaf en om God te verheerlik, selfs wanneer ons deur diep waters gaan." 

— C. H. Macintosh (1820-1896).


Dit is maklik om vandag na die huidige gebeurtenisse in ons wêreld te kyk en drastiese gevolgtrekkings te maak. "Is dit die einde?" mag sommige vra. "Ons is gedoem! Hierdie wêreld is verlore!" sal ander bely! "Kom laat ons gaan oorlog maak en veg!" roep nog ander uit. 



Dit is belangrik om te besef dat vandag se atmosfeer nie veel verskillend van die verlede is nie. Die politieke stryd, die rassespanning, en patriotiese gevegte is baie soos in die dae van Jesus, meer as 2000 jaar gelede. Hy is gebore te midde van 'n atmosfeer waarin dit moeilik was om koers te hou. Hy het die slagting van onskuldige babatjies onder Herodes die Grote oorleef. Hy het grootgeword onder die tirannie van Rome, waartydens politieke en godsdienstige oproere dikwels dorpe vernietig en hartseer agtergelaat het. 



Jesus was goed bekend met moeilike tye. Hy het sy mense se begeerte na verlossing goed verstaan; al het die verlossing wat Hy sou bring, 'n ander vorm aangeneem as wat hulle verwag het. Hy het nie beplan om 'n weermag van rewolusionêres op die been te bring en die Romeinse ryk omver te werp nie. Hy was nie van plan om geheime burgermagte te werf om te gaan veg en dood te maak nie. 



Wat Hy wél gesê het, is dat dinge erger gaan word. Dit klink nie na 'n baie bemoedigende woord van die Verlosser van die wêreld nie. Tog het Jesus nie weggeskram van stryd en pyn nie, maar vol vertroue daardeur geloop. Jesus het volhard tot die einde toe. Hy het uitgehou totdat daardie einde weer nuut geword het. Hierdie soort volharding is waarna Jesus ons as sy volgelinge nooi. 



In 'n wêreld waar die liefde van die meeste koud geword het, moedig Jesus sy dissipels aan om aan te hou om die Goeie Nuus met die wêreld te deel. Dis ons opdrag. Dis die doel wat ons aanspoor.



Die apostel Jakobus het dit verstaan toe hy geskryf het oor geduldige volharding gedurende toetse en versoekings. Die wat tot die einde toe volhard sal die kroon van ewige lewe ontvang wat God belowe het. Dis wat dit beteken om "gevegsbeproef" te wees. Ons is 'n volk wat die toetse en beproewings van die lewe deurstaan het.



Kan ons na hierdie moeilike tye kyk en 'n geleentheid sien om Goddelike genade, wat vir almal genoeg is, met die wêreld te deel?



In watter area van jou lewe voel jy of jy moed gaan verloor? Sal jy dit vir God gee?



GEBED:



Here, terwyl die wêreld my toets,



help my om passievol te volhard, 



Hou my hartklop sterk,



Laat my met die magtige eindig,



Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Battle-Tested

Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die gees...

More

Ons wil graag dankie sê vir Life.Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://faithchurch.family/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid