Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 12 VAN 12

Vrygewigheid is een van die moeilikste onderwerpe. Om mee te begin, dink ons gewoonlik ander wil iets van ons hê wanneer ons daarvan hoor. Tweedens, wil ander wél gewoonlik iets van ons hê wanneer ons daarvan hoor! Derdens, beteken dit ons verlies en ander se wins.



Om te gee, is so vreemd. Uiterlik kan dit voorkom asof ons willekeurig besteel word. Tog is niks verder van die waarheid nie



Wanneer ons verkies om te gee, wys ons hoe baie ons werklik soos God is. God het sy heel beste aan ons gegee. Terwyl ons suinig raak wanneer dinge te persoonlik word en vir ons of ons families iets kos — gee God daarteenoor buitensporig baie! Hy gee ons die grootste geskenk wat ons — los hande, tot in ewigheid — ooit sal ontvang. Hy het Jesus vir ons gegee. 



Vrygewigheid is vir baie mense net 'n nagedagte. Vir God is dit egter sy eerste gedagte. Vrygewigheid en vriendelikheid is die kern van sy geaardheid. Die vyand steel, maar God gee. Terwyl ons dalk teësinnig gee, gee Hy in opwinding, vreugde en verwagting. Dit is selfs vir Hom 'n vreugde om te gee wanneer ons geen dankbaarheid betoon nie!



In 'n wêreld wat behep is met markwaardes en om oorhoofse koste laag te hou, rig God mense op wat so buitensporig uitspattig as moontlik teenoor ander wil wees. Hy is op soek na mense wat sy vreugde en entoesiasme sal aanneem deur meer bevrediging daaruit te put om te gee as om te ontvang en vrygewig met hul tyd, talente, energie, hulpbronne en intellektuele besittings sal wees. 



Hy is op soek na mense wat onregverdig hoë lone sal betaal, wat geld tot sy maksimum sal rek om waarde te lewer, wat die omgewing sal verbeter, wat rentevrye lenings sal toestaan (met geen skuld invorderaars in diens of gekontrakteer nie) en wat so, sonder enige twyfel, die goedheid van God illustreer. Om dit alles te doen sonder om enige erkenning of applous te verwag. God is lief daarvoor wanneer ons dit geniet om ander te help en Hom dan as ons finale beloning ag. 



Dalk is ons huiwerig om te gee omdat ons nie besef dat ons alreeds alles het nie. Ek is oortuig daarvan, indien die ryk jong man waarlik vir Jesus gesien het, hy geen bedenkinge sou hê om al sy bates en rykdom weg te gee en homself van alle regte daarop te ontsê nie. 



Waarlik, wanneer Jesus in ons lewe is, het ons alles. Niks is van meer waarde as om by Hom te wees nie. Hy is die volheid van wysheid. Hy besit alles. Hy is die skoonheid vanself. Daar is geen vriendeliker of dapperder hart as Syne nie. Daar is geen groter vrede as in sy teenwoordigheid nie. Hy is ons grootste vreugde en besitting. Niks anders maak saak nie. 



En daar is soveel vreugde wat ons kan ondervind wanneer ons sy vrygewige geaardheid toelaat om deur ons te vloei. Ek bid dat al hierdie vreugdes joune in oorvloed sal wees.



Hier is die finale vrae:



1. Watter huiwering ervaar jy wanneer God jou vra om vrygewig te wees? 


2. Hoe vra die Here van jou om sy vennoot te wees in die drastiese vertoon van vrygewigheid?


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid