Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 1 VAN 12

Ons is bestem om met God te wandel. Baie mense verkies om bloot vir God te lewe. Die Christendom is egter nie 'n lys van moets en moenies nie. Die hoofdoel is nie om ons oordeel te vervolmaak nie. Dit probeer nie om die mensdom in askete te verander, of het nie ten doel om ons buitensporig vrygewige miljardêrs te maak nie. 



Die Christendom is 'n verbintenis met God wat deur Jesus beskikbaar gestel word! Om met God te wandel is die groot geheimenis, voorreg en roeping van die mensdom. God roep ons almal tot hierdie ingrypende eenvoud: om met Hom te wees. Indien ons dan met Hom wandel, behaal ons sukses. Indien ons nie met Hom wandel nie, faal ons. Die lewe is regtig so eenvoudig.



Hoe lyk dit in die besigheidswêreld? Ons sal nog daarby uitkom. Vandag gaan dit egter daaroor om die oppergesag van "saamwees" te verstaan.  Dit is die moeilikste gedeelte van die Christendom! 



Om met Hom te wees, vereis dat ons ten volle aan Hom oorgegee is. Dit is nie 'n eenmalige besluit nie, maar 'n leefstyl wat met die Heilige Gees gekweek word. Jesus demonstreer dit volkome! Nou kry ons die geleentheid om in sy voetspore te wandel. Skakel ons elke dag en in elke besluit by ons verbintenis met God in? Gee ons ons oordeel aan Hom oor? Verkies ons om met Hom "mislukkings" eerder as sonder Hom "suksesse" te wees?



Wanneer ons verbintenis met Hom eers ons prioriteit geword het, ontsluit ons die potensiaal van God in ons beroepe. Dit is nou opwindend! Ek eindig dus met twee vrae:



1. Hoeveel waarde heg jy aan jou verbintenis met God?


2. Hoe nooi die Heilige Gees jou vandag uit om saam te werk as sy vennoot?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid