Leesplan inligting

Beter As NormaalVoorbeeld

Better Than Normal

DAG 5 VAN 5

Slegte Gewoontes


Of ons dit nou wil erken of nie, ons almal het slegte gewoontes. Dit is daardie dinge wat ons doen en sê en dan wens ons het dit nie gedoen of gesê nie. Sommige gewoontes is moeilik om te verbreek, en ander is ongelooflik moeilik om te verbreek. Ons mag dalk geneig wees om lui te wees of om te skinder, of ons het in 'n gewoonte van drank- of dwelmmisbruik verval. 


Wat dit ook al is, ons het waarskynlik òf gemaklik geraak daarmee, òf ons dink dat dit te moeilik is om te oorkom. Hoekom is verandering so uitdagend? Die apostel Paulus spreek dit in Galasiërs 5:16-17 aan. Hy sê: "Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie." want: "Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer." Dit wat ons weet reg is, en dit wat ons weet verkeerd is, voer basies oorlog met mekaar. Wanneer ons dus probeer om die regte ding te doen, is daar letterlik 'n oorlog aan die gang om dit te probeer verhoed. Ons kan ook sê dat normaal oorlog voer met beter as normaal. Hier is 'n paar punte om uit die Bybel leesstuk vir vandag saam te neem:


Normaal konformeer aan die wêreld, maar beter as normaal vernuwe die denke.
Normaal swig voor versoeking, maar beter as normaal vertrou God vir 'n manier om daar uit te kom.
Normaal bevredig vleeslike begeertes, maar beter as normaal tree volgens God se Gees op.
Normaal swig voor bekommernis, maar beter as normaal bid vir krag en leiding.
Normaal laat die bose toe om te oorwin, maar beter as normaal bly onderworpe aan God.
Normaal ignoreer sonde, maar beter as normaal bely dit en ontvang vergifnis.


Die slotsom oor ons slegte gewoontes is dat dit moeilik is om hulle te oorwin wanneer ons daarop fokus om dit te doen. As ons egter daarop fokus om gesonde lewenswyses te kweek, sal baie van die slegte gewoontes wat ons aangeleer het, wegval. Dit waarop ons fokus, sal sterker in ons lewens groei. 


Pastoor Craig Groeschel sê: "As dit belangrik is, sal jy 'n manier vind. Indien nie, sal jy 'n verskoning vind." In plaas daarvan om 'n verskoning uit te dink vir ons swak dieet of vir hoe ons praat, kom ons soek 'n manier om van normaal tot beter as normaal te groei. Die beste manier om ons slegte gewoontes te oorkom, is om deurentyd ons denke te vernuwe deur aan die dinge te dink wat in Filippense 4:8 uitgelê word — alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is. Ons aksies sal nie verander as dit nie eers by ons denke begin nie.


Met watter slegte gewoontes hou jy aan sukkel? Is daar van jou aksies of woorde wat normaal, maar nie voordelig is nie? As jy onseker is oor wat weg behoort te val, vra God om jou te wys waar om veranderinge aan te bring sodat jy 'n beter as normale lewe kan begin lei.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Better Than Normal

Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie alty...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid