Leesplan inligting

Beter As NormaalVoorbeeld

Better Than Normal

DAG 1 VAN 5

Wat is normaal?


Normaal beteken om te voldoen aan 'n standaard, tipe of gereelde patroon. Die term normaal verwys gewoonlik na iets wat tipies of natuurlik deur die meeste mense gedoen word, en abnormaal blyk die teenoorgestelde te wees. Met dit in gedagte, sal ons normaal soos volg definieer: gedrag wat tipies, volgens verwagting is, en wat aanpas by 'n standaard wat deur die samelewing gestel word.


As die hoeveelheid mense wat op die aarde woon egter in ag geneem word, is dit ooit moontlik om te sê dat iets normaal is? Wat in een kultuur as normaal beskou word, maak dalk geen sin in 'n ander een nie.


Soms word ons idee van normaal gekaap, en dit veroorsaak dat ons paniekerig raak en nie weet hoe om te reageer nie. "Wanneer gaan dinge weer terugkeer na normaal?" is 'n vraag wat ons vra wanneer dinge ophou normaal voel of wanneer ons in 'n uitdagende seisoen is waarvan die einde nie in sig is nie. Uiteindelik vind ons weer ons voete en sê iets soos: "Wel, ek reken hierdie is ons nuwe normaal." 


Wat is nou eintlik so aanloklik aan normaal? Wel, ons weet gewoonlik wat om te verwag, en ons voel gemaklik daarin, selfs as dit nie goed of gesond is nie. Ons weet dat gemak nie altyd gelykstaande is aan gesondheid nie. Dus, wat daarvan as ons kies om 'n lewe anderkant daardie konsep van normaliteit te soek? Wat daarvan as ons 'n lewe nastreef wat beter as normaal is? 


As volgelinge van Jesus, is ons geroep om anders te lewe. Die wêreld sê ons moet ons harte volg, maar ons weet dat ons harte misleidend kan wees. Die wêreld sê ons moet 'n perfekte liggaam hê, maar ons weet dat ons doel vroomheid behoort te wees. Die wêreld sê ons moet onsself eerste plaas, maar ons weet dat 'n lewe waar ons vir ander gee, meer lonend en goedgesind is.


In hierdie leesplan gaan ons kyk na sommige maniere waarop normaal net nie die mas opkom nie. In plaas daarvan, gaan ons leer hoe om ons manier van lewe te verander, en die huidige stand van sake agter te laat vir 'n lewe wat beter as normaal is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Better Than Normal

Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie alty...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid