Leesplan inligting

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie Voorbeeld

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie

DAG 4 VAN 5

Sal Corona ‘n Invloed op My hê?


Laat ons eerlik wees - die groot vraag wat ons met hierdie hele Coronavirus pandemie vra, is: Hoe sal dit my beïnvloed?


Dit sal uiteraard ernstige lyding veroorsaak. Talle mense is al dood, baie het hul werk of hul besighede verloor.


En laat ons eerlik wees, dis nog nie die einde nie. Dit kan selfs diegene tref wat in Jesus glo.


Onthou jy die twaalf dissipels in 'n klein bootjie op die See van Galilea? Die storm het in die middel van die nag gekom; hulle het vir hul lewens gevrees ... en toe Jesus skielik op die water verskyn, het hulle hard geskree van angs.


Maar Petrus het uitgeroep: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” Jesus antwoord: "Kom."


En net daar in die middel van die storm, klim Petrus uit die boot, terwyl die ander elf agter bly en in angs terugdeins.


Wat is jou plan te midde van hierdie storm? Staan jy in geloof, of deins jy terug in vrees?





  1. Wees heeltemal eerlik met jouself. Wat oorheers jou denke op die oomblik? Is dit jou eie belang en jou oorlewingsinstink?  

  2. Kan jy aansluiting vind by die vreesbevange dissipels in daardie bootjie (wat ironies genoeg, pas gesien het hoe Jesus die 5,000 mense voed)? 

  3. Wat beteken dit vir jou, indien jy te midde van hierdie verskriklike storm, vir Jesus na jou toe aangestap sien kom? 

  4. As jy heeltemal eerlik met jouself is, kan jy jouself in Petrus se skoene sien waar hy uit die boot uit klim, of is jy by die ander elf dissipels? 

  5. Bring tyd in gebed deur en vra dat die Here vir jou die moed sal gee om te midde van hierdie pandemie uit die boot te klim.  

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie

In ‘n tyd waarin selfs gelowiges in vrees leef, is dit tyd om onbevrees vir ons geloof op te staan en die lig van Jesus se liefde in die harte van mense te laat skyn. Sluit gerus by Berni Dymet van Christianityworks aan,...

More

Ons bedank Christianityworks vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid