Leesplan inligting

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie Voorbeeld

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie

DAG 3 VAN 5

Die Grendel Tyd


In hierdie tyd het die meeste kerke hul gewone Sondagdienste gekanselleer. Mense bly tuis, slegs lang toue by die supermarkte en selfs die strate is stiller. Hoe hanteer jy dit alles? Hm?


Jy kan my maar as mal bestempel, maar terwyl almal in 'n dop van eiebelang en selfbeskerming terugtrek ... dink ek dat ek en jy 'n groot geleentheid het.


Wat die wêreld nou nodig het, is dat Christene moet opstaan; en met 'n kalm, rustige vertroue die hoop wat ons in Jesus Christus het, te deel.


Maar laat ek jou ‘n geheim vertel, as die mense wat jou ken, die vertroue wat jy het, die versekering wat jy het, die vrede van jou hart, sien ... sal hulle wil weet waar dit vandaan kom.


Kom dan, terwyl die res van die wêreld paniekerig raak, wees jy Christus vir hulle. Wees lief vir hulle, bemoedig hulle, lei hulle, vertel hulle ... van hierdie Jesus wat gesterf het en weer opgestaan ​​het ... vir hulle.





  1. Sien voor jou geestesoog die gesigte van sommige mense om jou, wat te midde van die pandemie, bemoediging en sekerheid nodig het. 

  2. Dien die manier waarop jy jouself gedra, as aanmoedig om hulle vertroue in God te stel, of skaad dit juis hul vertroue in Hom? 

  3. Maak nou jou Bybel oop en lees Spreuke14: 26,27. Wat sê God vir jou oor hoe jy vertroue kan hê? 

  4. Wat dink jy sou ander mense in jou sien, as jy jou lewe so geleef het? 

  5. Watter spesifieke geleenthede het jy om die hoop wat jy in Jesus Christus het, met mense rondom jou te deel?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie

In ‘n tyd waarin selfs gelowiges in vrees leef, is dit tyd om onbevrees vir ons geloof op te staan en die lig van Jesus se liefde in die harte van mense te laat skyn. Sluit gerus by Berni Dymet van Christianityworks aan,...

More

Ons bedank Christianityworks vir hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://christianityworks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid