Hoe sterk is jou geloof gedurende hierdie moeilike tyd? Komaan, kyk hoe hierdie hele Corona-virus-ding ontvou – weet jy, mense sterf regtig ... sal jy dit ook opdoen? Hoe sterk is jou geloof?
Ek het onlangs hierdie boodskap op Facebook gelees: die manier waarop ons met onsekerheid omgaan, toon of Jesus voor ons loop en ons lei, of agter ons aanloop en ons bagasie vir ons dra.
Dit is nogal konfronterend. Ek weet die Corona-pandemie is ernstig. En ja, ek weet ons moet verstandige voorsorg tref.
Sommige mense sal hul lewensbestaan verloor. Sommige mense sal siek word en ja, ander mense sal sterf. Dit is die werklikheid.
En tog het God elkeen van jou dae neergeskryf voordat een van hulle ooit bestaan het. Vandag, môre, volgende week, volgende maand.
Hierdie pandemie verras Hom nie. En Hy het beheer oor alles. Van vandag tot jou laaste dag op hierdie aarde.
Hy het dit alles onder sy beheer. Dis reg, ja, wees verstandig, maar moenie uit vrees lewe nie.