Leesplan inligting

Onverwagse Tuisskool Onderwyser Voorbeeld

Unexpected Homeschooler

DAG 1 VAN 5

Wat Doen Ek?  



Waarskynlik het jy hierdie leesplan gekies omdat jy jouself op 'n plek en in 'n posisie bevind wat jy nooit gedroom het sal gebeur nie. Miskien was jy selfs vas van voorneme om nooit eens tuisonderrig te oorweeg nie! Nou word jy egter geforseer om hierdie moeilike keuse te maak — heeltemal buite jou gemaksone.  



Jare gelede het ek en my man besluit om ons kinders tuis te onderrig. Anders as ons, moet jy dalk tussen twee baie moeilike alternatiewe besluit: óf om jou kinders self tuis te onderrig, óf om hulle in 'n vreemde onderwyssituasie te plaas waar hulle blootgestel gaan word aan "reëls" wat van dag tot dag mag verander. Hoe ook al, daar is groot persoonlike opofferings wat gemaak sal moet word en ek vermoed dat jy baie vrae het oor wat die implikasies vir julle as gesin sal wees.



Hoe gaan ek dit ooit gedoen kry? Ek is nie 'n onderwyseres nie!



Gaan my kinders nie ly as gevolg van 'n tekort aan sosialisering met maats nie?



Gaan ek ooit genoeg tyd vir myself hê?



Na al hierdie, en vele meer ander vrae, asook na 33 jaar van tuisonderrig aan al sewe ons kinders reg deur hoërskool, hoop ek hierdie leesplan sal enkele van jou vrae beantwoord — en moontlik ook sommige van jou vrese besweer.



In hierdie leesplan gaan ons jou verhouding met Jesus, jou verhouding met jou kinders en hulle onderlinge verhoudings bespreek. Ons gaan ook gesels oor hoe jy deur hierdie onverwagte omstandighede gaan kom. Ek vertrou dat jy antwoorde gaan vind op die genoemde, en baie ander vrae, soos wat jy oor die volgende vyf dae deur die leesplan vorder en op Jesus steun gedurende hierdie ongekende tyd.  



Ongeag van waar jy jou tans bevind, ongeag die baie vrae of vrese wat jy moontlik mag hê, wil ek jou reg aan die begin verseker dat jy nie alles uitgepluis hoef te hê nie. Jesus weet wat vir jou en jou kinders voorlê en Hy is meer as genoeg vir hierdie oorweldigende situasie. Hy sien jou raak en sorg vir jou met 'n oop hand vol oorvloedige en oneindige genade — meer as genoeg om jou vrese en swakhede van vandag en môre aan te spreek. Wil jy nie diep asem haal, nader staan en dapper op sy leiding vertrou terwyl jy hierdie nuwe terrein betree nie? Hy het reeds vooruit gegaan en die pad vir jou gereed gemaak!



O Vader, hoe het ek ooit by dié punt gekom om hierdie leesplan te kies — en selfs te lees? Hoe sal ek ooit hierdie onmoontlike taak kan regkry? Ek kan selfs nie eers sê dat dit iets is wat ek graag wíl doen nie. Ek bid vir moed en dapperheid om hierdie besluit met u genade deur te voer, wetende dat U op die een of ander manier vir ons 'n deurbraak sal gee. Ek dank U dat U my raaksien en ek glo dat U op 'n besonderse wyse by my is. Herinner my asseblief vandag, en in die dae wat voorlê, dikwels aan hierdie waarheid. Ek weet ek sal dit nodig hê. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected Homeschooler

Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderri...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid