Leesplan inligting

Onvolmaakte Mense in die Bybel Voorbeeld

Imperfect People in the Bible

DAG 1 VAN 7

Niemand is Volmaak nie 



Ons het seker almal die stelling "niemand is volmaak nie" op 'n stadium in ons lewens gehoor. Dalk het ons dit vir iemand gesê om hulle beter te laat voel oor 'n fout wat hulle gemaak het, of ons het dit dalk vir onsself gesê toe ons in 'n ongesonde gewoonte vasgevang was. 



Alhoewel ons weet dat dit waar is, is dit dikwels moeilik om genade en begrip teenoor onsself (en andere) te bewys wanneer ons foute maak. Wanneer ons fouteer, mag ons dalk dink ons het niks goeds in ons oor om aan ander te bied nie, of dat ons nie meer 'n verskil in die wêreld kan maak nie.



Gelukkig kan dit nie verder van die waarheid af wees nie. Dit is nie net God se bedoeling om ons sondes te vergewe en ons met Hom deur Jesus se dood aan die kruis te versoen nie, Hy het steeds planne om ons te gebruik, ten spyte van al die verkeerde dinge wat ons doen.



Ongeag of jy 'n klein foutjie gemaak het en geen erge gevolge ervaar het nie, en of jy keuses gemaak het wat baie nadelig was, is jy steeds 'n uitstekende kandidaat om 'n instrument in die hand van ons goeie God te wees. Hy is heeltemal in staat om alles in die wêreld Self te hanteer, en tog, in sy goedheid en opperheerskappy, nooi Hy ons om deel uit te maak van die wonderlike, koninkryk-georiënteerde orkes wat Hy dirigeer. Ongeag ons vermoëns of onbekwaamhede, ons hede of verlede, ons suksesse of mislukkings, wil Hy net hê ons moet by Hom wees en wil Hy ons gebruik om sy planne uit te voer. 



Soos hierdie leesplan vorder, sal ons meer van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan gekom het, wat hulle vermoëns was, of hoe ontsaglik groot hulle foute was. Hopelik, nadat jy hulle verhale gehoor het, sal dit jou uitermate besiel en bemoedig dat jy ook iemand kan wees vir wie God kan gebruik om sy planne op aarde uit te voer. 



Oordenking

Is jy geneig om meer genade aan jouself te bewys wanneer jy foute maak as aan andere? Sien jy jouself as iemand vir wie God kan gebruik om ander te beïnvloed? Hoekom of hoekom nie?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect People in the Bible

Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan...

More

Baie dankie aan YouVersion Originals wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid