Leesplan inligting

Onvolmaakte Mense in die Bybel Voorbeeld

Imperfect People in the Bible

DAG 3 VAN 7

Ragab


Die verhaal van Ragab is heel moontlik die mees bemoedigende een. In Josua 2 lees ons dat Josua die leierskap van die Israeliete oorneem. Hy stuur twee verkenners na die land wat die Here aan hulle gegee het. Hulle moes vasstel waarvoor die Israeliete te staan gaan kom, voor hulle probeer om die land in besit te neem. Hulle gaan toe na Jerigo waar hulle 'n vrou, Ragab, teëkom wat bereid was om hulle te help. Die vangplek? Sy was 'n prostituut. 



Weens die verskeidenheid mans wat haar huis besoek het, het dit nie lank gevat vir die koning van Jerigo om van die verkenners te hore te kom nie. Dus stuur die koning vir Ragab 'n boodskap waarin hy daarop aandring dat sy die manne uit haar huis moet bring. Sy het egter reeds besluit om hulle te versteek en vertel uiteindelik 'n leuen aan haar eie koning oor waar die mans is. Sy het vir hulle 'n veilige plek voorsien waar hulle tot donker kon wegkruip. Haar dapper keuse om haar koning te verontagsaam, het die weg gebaan vir haar veiligheid en dié van haar gesin gedurende die aanval van die Israeliete. 



Hier is twee lesse uit die lewe van Ragab:



God Het Alle Mag

Ragab het aan die verkenners erken dat die mense van Jerigo alles gehoor het wat God vir die Israeliete gedoen het en dat sy mag haar mense vir hul lewens laat vrees. Ragab het selfs gesê: "want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde." Dit het van 'n vrou gekom wat duidelik nie geweet het wie God is nie, maar slegs van Hom gehoor het. God het voldoende mag en hoef nie Homself of sy planne te verduidelik nie. Hy doen wat Hy doen en mense kan nie anders as om dit raak te sien nie. 



God Neem Nie Ons Verlede In Ag Nie

God kon die verkenners na 'n ander huis gelei het om hulle te help, maar Hy het nie. Hy kies 'n vrou wat vir mense afstootlik was om die twee manne wat Josua gestuur het, te beskerm. Sy was iemand wat deur die samelewing geminag en skerp veroordeel is vir haar dade. Nogtans het God haar gebruik om sy volk te beskerm. God neem nie ons verlede in ag nie, ondanks wat ons gedoen, gesê, of gedink het. Hy wil net weet of ons in die toekoms getrou gaan wees.



Die kragtigste deel van hierdie verhaal is waarskynlik dat Ragab in die geslagslyn van Jesus is. Ja, dis korrek. Baie wenkbroue lig wanneer ons in Matteus 1 vertel word dat ver af in die geslagslyn van Maria, die moeder van Jesus, ons Ragab se naam sal vind. Hierdie veragte, veroordeelde en immorele vrou, was 'n voorouer van die Seun van God, die Verlosser van die wêreld.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect People in the Bible

Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan...

More

Baie dankie aan YouVersion Originals wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid