Leesplan inligting

Hoe om in God se wil te leefVoorbeeld

How To Be In God's Will

DAG 3 VAN 3

MOENIE “JA” SÊ WANNEER GOD “NEE” SÊ NIE



God beskik oor eindelose genade vir ons wanneer ons, ten spyte van sy waarskuwings, die verkeerde weg gekies het. Hy kan ons steeds weer op die regte pad plaas wanneer ons na Hom toe terugkeer. Is die lewe egter nie makliker as ons die eerste keer na Hom luister en Hom gehoorsaam nie? Om buite sy wil te wees is altyd pynlik!



Ek ken 'n vrou wat baie graag 'n perd wou hê, maar haar man wou dit nie toelaat nie. Hy het geweet hoeveel dit gaan kos en die harde werk wat dit sou vereis. Hulle het nie op daardie stadium veel ekstra geld gehad nie, en hulle was ook baie uithuisig. 



Iemand het egter aangebied om vir haar 'n perd te gee, en sy het dit aanvaar, ten spyte van 'n knaende gevoel in haar gees dat sy nie moes nie, en ten spyte van haar man se teenkanting. Sy het nie eens die Here gevra nie — omdat sy geweet het Hy gaan ook nee sê! 



Dit het sleg verloop. Om die perd daagliks te voed en oefening te gee het 'n groot las in hul besige program geword, en die perd het uiteindelik baie veeartsenykundige sorg nodig gehad. Die gevolg daarvan was dat sy baie tyd van haar werk moes wegbly om die veearts te ontmoet en die perd te versorg. Dit het verdere druk op haar werk geplaas. Die hele debakel het ook geweldige finansiële druk op hulle geplaas, om nie eens te praat van haar verhouding met haar man nie. Sy het hom oneer aangedoen deur sy wense te verontagsaam, en dit het as 'n twispunt tussen hulle gestaan. 



Wat lyk soos 'n seën kan uiteindelik 'n vloek wees wanneer ons besluit om voort te gaan met iets waarvoor God nee sê. Moenie "ja" sê as Hy "nee" sê nie! Dis doodeenvoudig ongehoorsaamheid. Jesus het dit so gestel: "Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos 'n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het” (Matteus 7:26 AFR20). Kom ons besluit om na God te luister en Hom te gehoorsaam.



Hierdie twee maniere is dus hoe om "buite" God se wil te wees – ongehoorsame besluite wat ons self doelbewus neem in direkte teenstelling met die Here se leiding. Vir die res van die tyd is net voordelig om Hom te soek, na sy stem te luister, Hom te probeer hoor en te gehoorsaam, en te doen wat Hy sê. God kan enigiets doen met 'n hart wat sê: "Vader, ek wil U gehoorsaam. Dankie dat U my lei en die pad wys." 



Moenie so bang wees om 'n fout te maak dat jy glad nie 'n besluit neem nie. God waak oor jou – jy kan op Hom vertrou, Hy sal jou lei wanneer jy opreg na sy wil soek.  



Het hierdie leesplan jou gehelp? Dis aangepas uit my boek: “How to Make the Right Decision Every Time: 10 Keys For Finding God’s Direction.” Jy kan die eerste deel hier lees. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Be In God's Will

Dit is nie 'n geheim hoe om volgens die wil van God te lewe nie. Soms is ons tog so bang dat ons iets buite sy wil gaan doen dat die vrees ons verlam en ons tot stilstand kom. Neem kennis: God wil jou volgens sy volmaakt...

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid