Leesplan inligting

Hoe om in God se wil te leefVoorbeeld

How To Be In God's Will

DAG 2 VAN 3

LUISTER EN WEES GEHOORSAAM



Ek het eens op 'n tyd die verhaal van sendelinge gehoor wat in 'n primitiewe Afrika-dorpie vir die inboorlinge gepreek het. Die een aand tydens gebed het die sendelinge 'n boodskap in die gees ontvang dat hul moet oppak en vlug omdat daar gevaar gaan kom. Die meeste van hulle het ingestem, gehoor gegee en gevlug, maar daar was 'n handjievol wat gesê het: "Nee, ons gaan nie weggejaag word nie — ons het gesag oor die gevaar, ons is gelowiges!" en hulle het agtergebly.



Ongelukkig het bose mense daardie aand die dorpie oorval en die sendelinge vermoor wat agtergebly het. Mense het gewonder: "Hoekom het God hulle nie beskerm nie?" Hy het! Die sendelinge het egter nie almal geluister en ag gegee op sy waarskuwing nie. 



Ek dink dit is dikwels die geval wanneer ongelukkige dinge gebeur. Die Heilige Gees sal mense kom waarsku, maar die mense luister en gehoorsaam nie.



Ek neem dit ook in verhoudings waar. Die een party, man of vrou, sal sê: "Ek dink nie ons is vir mekaar bedoel nie — ek dink die Here sê vir my dat ons die verhouding moet beëindig — maar ek is so lief vir hom, of haar." Of: "Ek wil nou al vir jare lank getroud wees. Dalk is hierdie my enigste kans." Hulle kan nog vele ander redes gee hoekom hulle nie die verhouding beëindig nie. 



Iemand het al vir my gesê dat hulle nie die verhouding kan beëindig nie, want dit gaan te traumaties vir die ander persoon wees, of die ander persoon het hulle gedreig dat hul iets dramaties gaan doen. Dit alles gee jou nog meer rede om so vinnig, so ver as moontlik van hulle af weg te kom! 



Kyk, ek verstaan — wie jy is, jou ouderdom, hoe lank julle nou al in 'n verhouding is, dit maak nie saak nie — dit is moeilik om 'n verhouding te beëindig (Neil Sedaka was reg!). Aan die ander kant, is dit nie die moeite werd om aan iemand (of iets) vas te klou, wanneer die Here vir jou gesê het om te laat gaan nie. Hy wil net die beste vir jou hê. Ek het al gesien hoe soveel mense se lewens uitmekaar val omdat hulle die Here se leiding geïgnoreer het. Eintlik is dit net ongehoorsaamheid — dis 'n keuse om buite God se wil op te tree.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How To Be In God's Will

Dit is nie 'n geheim hoe om volgens die wil van God te lewe nie. Soms is ons tog so bang dat ons iets buite sy wil gaan doen dat die vrees ons verlam en ons tot stilstand kom. Neem kennis: God wil jou volgens sy volmaakt...

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid