Wat is Bybelse Geregtigheid?Voorbeeld

Geregtigheid en die Evangelie
Wanneer daar oor geregtigheid gepraat word, sal sommige mense beweer dat dit van minder belang is. Party voel daar is 'n verskil tussen die verkondiging van die evangelie en om betrokke te raak in Bybelse geregtigheid. Dis net die persoon se ewigheid wat saak maak en probleme soos rassisme, armoede of misdaad, wat mense se lewens beïnvloed, is nie ter sprake nie. Dis net as iemand nie die tweeledige aard van die evangelie verstaan nie, dat hy dit kan glo.
Die inhoud van die evangelie verwys na die onderwerpe wat daarin vervat is. Dis beperk, wat beteken dat die Skrif vir ons al die elemente van die evangelie gegee het — Jesus se dood vir ons sonde, sy begrafnis, opstanding en verskyning aan getuies. Die Skrif stel dit duidelik dat die evangelie redding bring. Persoonlike geloof in die voltooide werk van Jesus Christus aan die kruis, bring vir mense vergifnis van sonde, 'n verhouding wat met God versoen is en die ewige lewe.
Die evangelie strek egter baie wyer en sluit heiligmaking, of groei in heiligmaking, ook in. Die inhoud verwys dus na redding en die omvang na heiligmaking, maar altwee hou verband met die evangelie. Ons moet leer om 'n persoon se ewige tuiste (inhoud), asook hul fisiese probleme (omvang) te hanteer. Ons moet die inhoud van die evangelie oordra sodat mense met God versoen kan word, maar ons moet ook die omvang van evangelie uitleef sodat mense kan sien hoe ons met die Here wandel en in Hom groei. Ons moet aan Jesus gelyk word, wat vir ons die volmaakte voorbeeld gee van hoe om die inhoud en die breë omvang van die evangelie uit te leef.
Op watter manier het Jesus 'n gebalanseerde uitkyk gehad om die inhoud van die evangelie met mense te deel, terwyl Hy ook oor die breër omvang daarvan besorgd was?
Aangaande hierdie leesplan

Daar word deesdae baie op die woord, geregtigheid, gefokus en dit moet ook so wees. Geregtigheid is uiters noodsaaklik vir 'n gemeenskap om goed te funksioneer. Baie mense ag dit egter gering, omdat hulle nie weet wat dit beteken nie. Daar is beslis 'n regte siening van geregtigheid, wat poog om die individu se vryheid te beskerm en verantwoordelikheid aan te moedig. In hierdie 4-dag leesplan ondersoek dr. Tony Evans ware Bybelse geregtigheid.
More