Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 8 VAN 8

Spoel en Herhaal


Jy het dit gedoen! Veels geluk dat jy die eerste sewe dae van die leesplan, Ontwikkel Leierskap met Bybelse Wysheid, voltooi het. Jy wonder dalk, "As ek dit nou gedoen het, hoekom is ek nie klaar nie?" Dis 'n uitstekende vraag en vandag se lesing is dalk die belangrikste van almal. 



Kom ons noem dit Spoel en Herhaal. 



As jy hierdie leesplan elke dag gelees het, het jy ses begrippe en beginsels geabsorbeer. Heel moontlik het jy nie tyd gehad om al daardie begrippe ten volle in te neem of toe te pas nie. Dit kan dikwels 'n aansienlike uitdaging vir ons almal wees. Ons kry goeie inligting, maar daardie nuwe inligting en kennis het nie regtig tyd om in te sink en nuwe gewoontes en roetines te word wat werklik die verandering sal meebring wat ons begeer nie. 



Wat behels hierdie Spoel en Herhaal-uitdaging? Ek wil hê jy moet nou dadelik teruggaan na een van die vorige ses dae en die een kies wat jou die meeste geraak het. Kies daardie dag wat jou 'n vuishou gegee het of toe jy 'n a-ha-oomblik ervaar het. Kies een van daardie begrippe om die komende week op te fokus. Lees weer die oordenking, delf in die Skrif en stoor een van die Skrifgedeeltes in die Bybeltoep se gebedslys. 



As jy die sleutelvers en begrip in jou gebedslys gestoor het, oordink dit dan die hele dag. Spoel en herhaal die volgende sewe dae! My gebed vir jou is dat jy nuwe gewoontes en roetines sal aanleer, sodat ware verandering kan plaasvind. 



Dit is wat James Clear oor voortdurende verbetering sê:


Kom ons definieer "voortdurende verbetering." Dit is 'n toewyding om elke dag klein veranderinge en verbeteringe te maak, met die verwagting dat daardie geringe verbeteringe na iets betekenisvol sal lei.



Die tipiese benadering tot self-verbetering is om 'n groot doelwit te stel en dan groot spronge te probeer gee om daardie doel te bereik, binne 'n kort tydjie. Dit mag dalk goed klink op papier, maar dit lei dikwels tot uitbranding, frustrasie en mislukking. Ons moet eerder fokus op voortdurende verbetering, deur jou alledaagse gewoontes en gedrag stadig maar seker te verander.



Spoel en Herhaal en streef elke dag na voortdurende verbetering. Dink net, as jy elke dag, vir 'n jaar lank, net 1% verbeter, sal jy op die ou end 37 keer beter wees wanneer jy klaar is.



Baie dankie dat jy Ontwikkel Leierskap met Bybelse Wysheid gelees het. Ek vertrou dat dit vir jou voordelig en insiggewend was en jou uiteindelik sal help om 'n beter leier te wees. Indien jy op datum wil bly met myboeke, lesings en my algemene denke, kan jy hier inteken op my gratis weeklikse e-pos. 


Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid