Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 5 VAN 8

Gee Jou Oorskiet vir die Lewe



Bid of hoop jy soms dat daar meer tyd in 'n dag is? Daar is so baie wat gedoen moet word en so min tyd. Jy swoeg voort en as jy uitgeput is, besef jy dat niks wat jy doen ooit goed genoeg sal wees nie. Ek kan aan baie voorbeelde dink, maar ek dink jy verstaan wat ek probeer sê en jy kan daarmee identifiseer. Dis nie net jy nie. Dis 'n algemene leierskaps- en lewensverskynsel. Daar is blykbaar nooit genoeg nie.



Ek het 'n besondere leier in my span wat gereeld daarna verwys. Kom ons noem hom Dirk. Hy sê gereeld dat hy 120% tot 150% van sy pogings na projekte toe bring. Dirk sê hy "gee alles wat hy het." Ek, as leier, hou daarvan as my spanlede hulle volle samewerking en hul beste gee. Aan die anderkant moet ons besef hoe belangrik ons woorde is; dit wat ons uitspreek en die denkpatrone wat daardeur gevestig word. Daar bestaan nie so iets dat jy meer as 100% kan gee nie. Dis nie prakties moontlik nie, laat ons dus nie daardie woorde gebruik nie. 



Nou die dag het daardie begrip tot 'n "ingrypend-openlike" gesprek gelei. Ek wou dit duidelik stel met watter uitkyk ons die lewe en werk moes benader, wat energie en moeite betref. Ek wou verduidelik dat dit wat my spanlid aangebied het, verwronge was en aanpassings geverg het. Ek het uiteindelik vir Dirk uitgedaag om sy oorskiet eerder aan die lewe te gee



Ja, jy het reg gelees. Ek beveel aan en glo dat dit 'n vereiste is om ons leierskap toepaslik te ontwikkel, deur ons oorskiet aan die lewe te gee! Ek weet dit is teenstrydig met ons kultuur, wat ons geleer is en alles wat die wêreld na ons kant toe gooi, maar luister mooi na my. As die lewe ons oorskiet kry, is dit net omdat God ons eerste en beste kry. Laat dit in jou denke en gees insink. Ons eerste en beste behoort nie na ons aardse verhoudings, oefenprogram, loopbaan of finansies te gaan nie. Ons eerste en beste behoort na ons verhouding met God te gaan. Punt.



Regdeur die Bybel lees ons van God se seën en guns oor ons. Ons vergeet egter dat Hy 'n jaloerse God is wat 'n intieme verhouding met ons begeer. Hierdie begrip het my tussen die oë getref toe ek Romeine 12 gelees het. Paulus het die Romeine uitgedaag om hulself aan God te gee as "as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is." Hy het ook gesê: "Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen." Elke deeltjie van ons moet as 'n offer aan God gebring word. Só moet ons Hom aanbid. God moet eerste in ons lewens wees en ons absolute beste kry. 



Ondersoek jou dag met erns. Staan jy vroeg op om te oefen, maar maak deur die dag min tyd vir God? Is jou prioriteite belangriker as God? Is dit verhoudings spanning in jou lewe wat veroorsaak dat jy nie tyd saam met God deurbring nie? Wat dit ook al is, ek daag jou uit om na God toe te gaan en Hom jou absolute eerste en beste te gee, sodat Hy jou oorskiet kan vermeerder en uitdeel. 



Dis wat ek vir seker weet: As jy jou eerste en beste aan Hom bring, sal God jou oorskiet neem en dit seën op maniere wat jou begrip te bowe gaan. Die gejaagde lewe wat ons ondervind, kan nét met meer van God opgelos word — nie met meer van ons nie. Kyk vandag met nuwe oë na jou prioriteite.



Vader, terwyl ek vandag u Woord lees, gee my die vermoë om te sien waar my agenda, prioriteite en begeertes nie in lyn met u wil is nie. Laat rus u guns nou op my, Here, sodat ek kan sien wat U sien, en laat u Woord my hart en gees binnedring. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid