Leesplan inligting

Christus U het vir almal gekomVoorbeeld

CHRIST CAME FOR ALL

DAG 4 VAN 4

Ons was onlangs gashere vir my 10- en 12-jarige niggie en nefie, en een ding wat ons elke oggend gedoen het, was om 'n kort oordenking uit pastoor Rick se storieboek-Bybel "God's Big Plans for Me" te lees. 


Terwyl ek hier skryf, is ons samelewing midde-in die COVID-19-pandemie. Alles waaroor ons praat neig om te draai rondom die uitdagings, vrese en bekommernisse wat daarmee gepaardgaan. Daarom wou ek hê dat die ontbyttafel 'n plek van vrede moes wees — geen geselsies oor COVID-19 nie. Ons het die diepste gesprekke gehad, insluitend om oor die dood en opstanding van Jesus te praat.


Ek aanvaar dikwels my kernoortuigings as vanselfsprekend of het nie dikwels die geleentheid om dit in verstaanbare klein stukkies op te deel nie. Om hierdie dinge dus aan jong kinders te verduidelik en tot op hul vlak van geloofsbegrippe te bring, was ‘n betekenisvolle uitdaging vir my eie geloof. Terwyl ons oor die gebeure naby die einde van Jesus se lewe gepraat het, het ek weereens besef hoe groot, wonderbaarlik en kragtig hierdie kernoortuigings is wat ons as Christene het. Wat 'n skat hou ons as gelowiges in Jesus! Ons ken die Een wat is wie Hy sê Hy is en die mag het om te doen wat Hy sê Hy sal doen — insluitend om die dood self te oorwin! 


Die mooiste van alles is dat Hy nie daar opgehou het nie. Hy het dit nie net gedoen vir die dissipels en die mense van sy dag nie. Jesus het na die aarde gekom, gesterf en opgestaan vir elke enkele mens op hierdie planeet, tot in alle geslagte. Hy het die ewigheid in sy hart gehad — die hele mensdom van begin tot einde. Toe Jesus vir sy dissipels belowe het dat Hy die dood self sou oorwin, vir ons oortredinge geslaan en vir ons ongeregtighede gemartel sou word, het Hy ons belowe dat Hy dit vir ons vryheid en die vryheid vir elkeen wat in Hom sal glo, sou doen — ongeag ouderdom, ekonomiese status, of herkoms. 


Vir die jonges, en die oues 


Christus, U het vir almal gekom


Vir die rykes, vir die armes 


Christus, U het vir almal gekom


Tot aan die eindes van die aarde


Vir die hele wêreld 


Christus, U het vir almal gekom


Gebed:


Dankie, Jesus, dat U die weg, die waarheid en die lewe is in wie ek my volle vertroue kan stel. Dankie dat U u beloftes nakom en dat U vir my gesterf en opgewek is. Ek glo U is die Christus, die Seun van die lewende God. Ek glo U het aarde toe gekom, vlees geword en vertroud geraak met my swakheid — U is geslaan en gemartel vir my oortredinge en ongeregtighede, gekruisig en het uit die dood opgestaan, en U is vandag lewend! Sal U my wys hoe om hierdie skat en waarheid in my hart met die mense te deel wat U in my wêreld geplaas het, insluitende my gesin en die jongmense wie se geloof nog gevorm word? Ek het U lief, Jesus. In u Naam. Amen. 


Temree Abajian, Saddleback Worship



Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

CHRIST CAME FOR ALL

Ons het hierdie hulpmiddel vir jou geskep om nader aan God te groei rondom die oortuiging dat Christus vir almal gekom het, veral vir jou!

Ons wil graag Saddleback Worship bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.saddlebackworship.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid