Leesplan inligting

Christus U het vir almal gekomVoorbeeld

CHRIST CAME FOR ALL

DAG 1 VAN 4

Die meeste van ons verstaan die gevoel om vasgevang te wees. Of ons nou uit die huis gesluit is, of sonder petrol langs die pad gestrand was. Om te sukkel, spoor gevoelens van frustrasie, hulpeloosheid en woede aan. In sulke omstandighede kan ons gewoonlik 'n oproep na 'n vriend of ons bystanddiens maak, en iemand kom byna altyd tot ons redding. 


Baie van ons verstaan egter ook die gevoelens van vrees, pyn, bitterheid of skaamte wat uit sonde gebore is. Hierdie gevoelens kan nadelig wees en langtermyn skade aan 'n gesonde lewe veroorsaak. Miskien voel ons vasgevang deur skadelike gewoontes, of vasgeketting aan verkeerde besluite uit ons verlede. Miskien is ons vasgevang deur ons eie foute en verleë en skaam om na hulp uit te reik. 


Die Skrifgedeelte in Romeine 5:6-8 verskaf hoop en 'n reddingsboei:


“Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."


Ek kan nie anders as om dankbaar en verstom te wees oor die vrygewigheid van God teenoor my nie. Hy het my van my sondes se straf en die dood bevry. Wat meer is, Hy noem my sy kind. Lees wat sê die apostel Paulus in die Nuwe Testament: 


“Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak" (Galasiërs 4:7).


Wat weerhou jou daarvan om 'n lewe van vryheid te lei? 


Word jy deur skande uit die verlede verstrik? Is jy deur vrees verlam? Is jy in die mag van verslawing? Is jy aan die leuens van die bose geboei wat sê jy is nie waardevol of geliefd nie?


Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy al die kettings verbreek wat ons as slawe van sonde vasgebind gehou het. Prys die Here! Hy het ons vrygemaak!


Ons skande is weg


Ons kettings is gebreek


Halleluja!


Ons staan in verwondering


Gebed:


Dankie, hemelse Vader, dat U die prys vir ons vryheid betaal het. Dankie dat U ons liefhet en ons seuns en dogters noem. As gevolg van u opoffering kan ons die lewe wat U vir ons beplan het met vertroue en vreugde leef. Ons vertrou U om ons pyn en ons verlede te dra terwyl ons 'n blink toekoms binnestap wat U vir ons berei. Ons is in verwondering oor die genade wat U oor ons uitstort. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen. 


 Stefanie Cassetto, Saddleback Worship



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

CHRIST CAME FOR ALL

Ons het hierdie hulpmiddel vir jou geskep om nader aan God te groei rondom die oortuiging dat Christus vir almal gekom het, veral vir jou!

Ons wil graag Saddleback Worship bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.saddlebackworship.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid