Leesplan inligting

Christus U het vir almal gekomVoorbeeld

CHRIST CAME FOR ALL

DAG 2 VAN 4

Die kruis is 'n simbool waarna mense uit alle lewensterreine met ontsag en eerbied kyk. Dit was 'n wrede bestemming vir Jesus, en al was dit 'n instrument van sy moord, het Hy geweet dat die opoffering sou lei tot die ewige lewe wat daardeur aan almal beskikbaar gestel word. 


Anders as Jesus, het die twee misdadigers wat ter dood veroordeel is en weerskante van Hom gekruisig is, werklike misdade gepleeg. Alhoewel ons Verlosser verkeerdelik gevonnis is, was sy Goddelike opdrag om Homself aan te bied in 'n ongebalanseerde uitruiling: sy dood en opstanding vir ons sonde.


Die mooiste gedeelte van hierdie verhaal is dat Jesus sy laaste asemteug gebruik het om hierdie misdadiger te vergewe en hom in die ewige lewe in te nooi. Terwyl een van die misdadigers Jesus beledig en Hom bespot het omdat Hy nie eens Homself kon red nie, het die ander misdadiger by Jesus gepleit met een versoek: “Verder sê hy: 'Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.' Jesus antwoord hom: 'Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees'" (Lukas 23:42-43).


Jesus het verskriklike pyn gely — dorings wat in sy kop gesteek het en ernstige wonde op sy liggaam weens die marteling. Hy het dit alles vir jou verduur. Sy offer was vir jou. Moet egter nie die belangrikste deel miskyk nie: Sy opstanding is ook 'n geskenk ter wille van jou. Ons ontvang egter nie Jesus se liefde wat steeds met sy bloed bevlek aan die houtkruis hang nie. Ons ontvang die liefde van 'n lewende God! Ons kyk na die kruis as 'n simbool, wat ons herinner aan wat ons Koning vir elkeen van ons verower het. 


Elkeen van ons


In u hart en gedagte gekoester


Toe U daardie offer gebring het 


Gebed:


Dankie, Jesus, vir u lyding. Dankie dat U die dood in ruil vir vergifnis van ons sondes gekies het. Help my om te onthou dat u offer vir elke enkele mens was en laat dit my hart verruim om net soos U, ook ander lief te hê. Ek is dankbaar dat ek in genade kan wandel en my vorige oortredinge vergewe is. Met dankbaarheid bid ek al hierdie dinge. In die Naam van Jesus. Amen.


Josh Miller, Saddleback Worship



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

CHRIST CAME FOR ALL

Ons het hierdie hulpmiddel vir jou geskep om nader aan God te groei rondom die oortuiging dat Christus vir almal gekom het, veral vir jou!

Ons wil graag Saddleback Worship bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.saddlebackworship.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid