Leesplan inligting

Jy kán God vertrou deur Nina Smit Voorbeeld

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

DAG 3 VAN 5

God laat alles goed afloop


Christene kan altyd ten spyte van hul negatiewe omstandighede bly glo dat God uiteindelik vir hulle alles goed sal laat afloop. Hulle tree gereeld heel anders op tydens swaarkrytye as ongelowiges. Vandag se kernverse herinner ons net weer daaraan dat die Here absoluut betroubaar is, dat Hy elkeen van sy beloftes nakom en magtig is om alle dinge vir ons op die ou end goed te laat uitwerk. Jy kan dus met groot vertroue jou krisisse aan Hom toevertrou, met die seker wete dat Hy dit vir jou kan oplos. Hy het immers deur Jesus se kruisdood bewys dat daar geen einde aan sy liefde vir jou is nie!


Toe Jesus op aarde was, het Hy sy Vader opgesoek wanneer Hy hulp nodig gehad het. Die Hebreërskrywer gee ’n emosiebelaaide beskrywing van die erns van hierdie intense gebede: Dit het met ’n gesmeek en ’n gepleit gepaardgegaan.


Die beskrywing laat my dink aan Jesus se gebede in Getsemane kort voor sy kruisiging, toe Hy drie maal gebid het dat God sy lydensbeker moet wegneem. Jesus maak nie ’n geheim van sy ontsteltenis nie. Hy vertel ook vir die vier dissipels wat Hy met Hom saamneem dat Hy doodsbenoud is en vra hulle om asseblief saam met Hom te waak.


God verhoor nie sy Seun se dringende smeekgebed nie, omdat Hy die kruispad moes loop sodat ons gered kon word. Tog het God Jesus se gebede gehoor, alhoewel Hy nie sy versoek toegestaan het nie. Ons lees dat die angs van die dood van Hom weggeneem is nadat Hy die derde keer gaan bid het.


Gebed


Here, daar gebeur so baie dinge met my wat buite my beheer is. Dankie vir die seker wete dat U al hierdie dinge vir my goed sal laat afloop, al lyk dit nou vir my onmoontlik, omdat ek weet en glo dat U my passievol liefhet. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/jy-kan-god-vertrou-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid