Leesplan inligting

Jy kán God vertrou deur Nina Smit Voorbeeld

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

DAG 2 VAN 5

Van God verlaat


Selfs Jesus het (omdat Hy waarlik mens was) in Getsemane en aan die kruis ervaar dat Hy teleurgesteld was in sy Vader, omdat God nie die lydensbeker van Hom weggeneem het soos Hy by sy Vader gesmeek het nie. Tog is dit juis waarom God Hom na die wêreld gestuur het: sodat Hy ons sondes aan sy liggaam kon dra en so ons sondeskuld kon vereffen, sodat God nou en in die toekoms al ons sonde kan vergewe.


“Enigiemand wat aan teleurstelling met God dink, moet stilstaan by Getsemane, by Pilatus se paleis en by Golgota – die tonele van Jesus se inhegtenisneming, verhoor en teregstelling,” skryf Philip Yancey. 


Toe Jesus in Getsemane só ernstig gebid het dat sy sweetdruppels soos bloed op die grond geval het, het God stilgebly. By Pilatus se paleis het die woedende skare op ’n wonderwerk aangedring en aan die kruis het die skare Jesus uitgejou dat Hy van die kruis moes afkom; dat Hy wat ander red, nie eens Homself kon red nie. Uiteindelik het Jesus uitgeroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?”


Maar net daarna verklaar Hy: “Dit is volbring” – die werk waarvoor God Hom na die aarde toe gestuur het, is klaargemaak. Jesus het dit alles verduur sodat ek en jy nou nooit weer sonder God se hulp hoef klaar te kom nie, sodat God in jou swaarkrytye altyd daar sal wees vir jou, sodat jy nooit weer teleurgesteld in Hom hoef te wees nie.


Gebed


Here Jesus, ek aanbid U as die Persoon wat gewillig was om van God verlaat te wees, sodat ek Hom nou altyd by my sal hê. Herinner my hiervan in hierdie Paasfeestyd asseblief. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/jy-kan-god-vertrou-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid