Leesplan inligting

Jy kán God vertrou deur Nina Smit Voorbeeld

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

DAG 1 VAN 5

Die Paasfees kontrak


God kom elke belofte na wat Hy aan sy volk maak. Hy seën hulle en maak ’n groot nasie van hulle, Hy sorg dat hulle voorspoedig is, en nadat hulle 40 jaar in die woestyn geswerf het (as gevolg van hul eie hardkoppigheid en ongehoorsaamheid), gee Hy die land wat Hy beloof het aan hulle. 


God bewaar hulle boonop deur die siektes van die Egiptenare van hulle af weg te hou. Hy belowe hulle dat hulle nie bang hoef te wees vir hul vyande nie, omdat Hy hulle sal help en by hulle sal wees. Maar as hulle weier om aan Hom gehoorsaam te wees, sal hulle sy straf vir hul sonde moet dra.


In die Nuwe Testament blyk dit dat dit vir mense onmoontlik is om ’n kontrak met God na te kom. Daar is ’n nuwe soort kontrak nodig – een wat op vergifnis en genade gegrond is. 


God se volk moes hul straf dra, dit was net regverdig. Maar God stuur sy Seun na die wêreld om die straf vir óns sonde in ons plek te kom dra. Jy hoef nie langer onder jou sonde gebuk te gaan nie – Jesus het aan die kruis daardie rekening volledig betaal. Al wat jy hoef te doen, is om God daarvoor te dank en van nou af vir Hom te leef.


Gebed


Here Jesus, dankie dat U die prys van my sonde aan die kruis betaal het. Ek wil van nou af graag vir U lewe. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/jy-kan-god-vertrou-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid