Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 31 VAN 90

Inleiding tot Handelinge

Handelinge is deur Lukas geskryf — dit is die vervolg op sy evangelie. Lukas se doel met die skryf van hierdie boek was om van die ontstaan en groei van die Christelike kerk te vertel. Daar word aanvaar dat hy hierdie boek tussen 63-70 n.C. geskryf het. 

Petrus en Paulus is die hoofkarakters in hierdie boek. Petrus het die sleutelrol as leier onder Christene in Jerusalem gespeel, terwyl Paulus 'n sendeling vir beide die Jode en heidene regdeur die Romeinse Ryk geword het. Lukas eindig nogal onverwags, wat baie geleerdes die indruk gee dat hy van plan was om 'n derde boek te skryf. 

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.