Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 10 VAN 90

Inleiding tot Markus

Alhoewel Markus die tweede boek in die Nuwe Testament is, was dit eintlik die eerste evangelie wat geskryf is. Geleerdes beweer dit is tussen 55-65 n.C. geskryf. Markus is geskryf vir beide heidense en Romeinse gelowiges en as gevolg daarvan, is baie van die Joodse gebruike in sy boek beskryf. Baie van Markus se evangelie is deur die ander evangelies aangehaal. 

Markus, wat ook Johannes genoem is, het vir Paulus op sy eerste sendingreis vergesel. Hy was 'n neef van Barnabas en daar word aangeneem dat hy 'n dissipel van Petrus, een van Jesus se twaalf dissipels, was. Aangesien Markus nie 'n ooggetuie van Jesus was nie, het hy sy boek op Petrus se weergawes gebaseer.

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.